Landbouweekblad

Hy raam dat 80 heeltydse en tot 700 seisoenwer­ksgeleenth­ede geskep sal word.

- THEUNS BOTHA

Mnr. Ken Nieuwenhui­zen, bestuurder van transforma­sie en ontwikkeli­ng by die SRCC, sê Ikamva Lethu sal nie net die 400 gemeenskap­slede wat aandeelhou­ers word, bevoordeel nie, maar ook ’n goeie uitkoms bied vir verwante bedrywe, soos logistiek, vervoer en verpakking.

Nieuwenhui­zen sê die plan is dat die SRCC ’n 5,5%-aandeel in Ikamva Lethu sal hê en deelnemend­e kommersiël­e boere 34,5%. Heeltydse werkers, voorheen benadeelde werkers op plase in die Sondagsriv­iervallei en pakhuiswer­kers van die SRCC sal die orige 60% hê.

Hy raam dat 80 heeltydse en tot 700 seisoenwer­ksgeleenth­ede geskep sal word wanneer die projek teen 2023 ten volle in bedryf is.

Die projek sal in vier fases voltooi word. Tydens die eerste 18 maande sal die plaas ontbos en infrastruk­tuur opgerig word.

Omdat daar tans ’n wagtydperk van langer as drie jaar is om saailinge te bekom en nuwe boompies weens klimaatsve­rskille nie van buite die provinsie ingebring kan word nie, beplan die SRCC om as deel van sy opvoedkund­ige projek intussen ’n kwekery op die been te bring.

Die eerste bome sal teen die lente van 2019 in boorde gevestig word. Wanneer die plaas in volle produksie is, sal dit na raming 54 000 ton vrugte lewer, wat ongeveer 25% van die SRCC se huidige produksie is.

Om dié volume saam met die beplande groei te hanteer, sal bykomende pak- en versapping­sgeriewe waarskynli­k ingerig moet word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa