Landbouweekblad

NARTJIE MET SKOP

- LUCILLE BOTHA

DIE ondernemen­de sitrusmaat­skappy ClemenGold trek dié feestyd vir sy sitrus ’n nuwe baadjie aan – die keer as ’n pragtig verpakte ClemenGold-deurdrenkt­e jenewer.

Die jenewer word deur mee. Lucy Beard en Leigh Lisk van die Hope on Hopkins-stokery in Kaapstad gestook. Mnr. Abraham van Rooyen, hoofuitvoe­rende beampte van die ANB-beleggings­groep (ClemenGold se houermaats­kappy), het sowat agt maande gelede met die idee vir ’n boetiek-jenewer met ClemenGold-geure vorendag gekom. Dit is onder meer aanlyn by Yuppiechef (R359 vir 500 ml) beskikbaar.

Van Rooyen het in Letsitele grootgewor­d, en altyd gesê boerdery of groot besighede is nie vir hom bedoel nie. Vandag besit die maatskappy egter 16 plase in vier gebiede, met die moontlikhe­id om ook internasio­naal uit te brei.

“Negatiewe gedagtes kan dus postiewe gevolge hê,” het hy op die bekendstel­ling van die jenewer in Kaapstad gesê.

“Die sitrusbedr­yf is nou die grootste uitvoerder van vrugte. Dis ’n goeie inkomste-genereerde­r en dit skep ’n massiewe hoeveelhei­d werk. Ek het in 1989 begin met sewe ouens wat vir my werk en het nou net minder as

3 000 werknemers. Binne drie jaar behoort ons sowat 5 000 mense in diens te hê.”

Die maatskappy word aangevuur deur vernuwing, en een van hul opwindende nuwe kultivars is ’n pitlose suurlemoen.

Van Rooyen sê hulle het in 1995 begin onderhande­l om die regte vir die Nadorcott-kultivar, wat aan die koning van Marokko behoort, te verkry. Nadorcott word onder die ClemenGold-handelsmer­k bemark.

“Ná vyf jaar, sestien vlugte en baie uitgawes het ons in 1999 die regte vir die Suidelike Halfrond onderteken. Ons bestuur tans die plantregte en die vloei van vrugte in bykans 62 lande. Dit het my wildste drome oortref.”

Baie mense het gelag vir Van

Rooyen se voorstel om ’n handelsmer­k aan die Nadorcott-kultivar te koppel.

“Hulle het gedink ek is lekker mal om ’n nartjie te wil brand, maar nou is dit ons internasio­nale vlagskip-produk. Dit was ’n goeie reis met goeie winste, wat lekker was om te deel met ons vennote, aandeelhou­ers en gemeenskap­pe.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa