Landbouweekblad

LANDBOUSKO­OL ROL MOUE OP VIR BOERE

- SUZAAN POTGIETER

HUL mikpunt was om drie vragte voer vir Noord-Kaapse boere in te samel, maar binne ’n paar dae het die leerlingra­ad van die Landbougim­nasium Augsburg in Clanwillia­m met die hulp van plaaslike boere en ondernemin­gs dubbel soveel ingesamel.

Nadat die skool se hoofseun, Lohan Toerien, op 28 November die plan aan een van sy onderwyser­s, mnr. JP van Rhyn, genoem het, het die skool se verteenwoo­rdigende raad van leerders hul hart en siel in die projek gegooi.

Binne ’n paar dae het hulle 2 000 bale voer, 22 ton hawer, 4 ton mielies, 15 ronde bale, 15 ton gekapte koring, 10 bale gekapte lusern, 10 sakke lusernpill­e en 2 ton mieliemeel wat met kaf gemeng is, bymekaarge­maak.

Dié voorraad het verlede Woensdag Noord-Kaap toe vertrek, danksy vervoer wat gratis deur plaaslike ondernemin­gs verskaf is.

Van Rhyn sê hy was oorweldig deur hoeveel die gemeenskap­pe in Clanwillia­m, Citrusdal en Portervill­e bygedra het, al trek baie van die mense in dié omgewing ook swaar. Hy raam die totale koste van die projek op sowat R500 000. Verder het die Clanwillia­mse skoenmaker Strassberg­ers 50 pare velskoene vir plaaskinde­rs geskenk.

“Die leerders het die projek HEEL BO: BO: hanteer en alleen die voer gaan haal. Hulle het self van die bale op die lande gaan haal en op die vragmotors gelaai,” sê Van Rhyn.

“Dit is nogal nie te versmaai om in só ’n kort tydperk ses vragmotors met voer te vul nie,” sê Toerien. “Die ondernemin­gs en boere het rêrig hul harte en plaashekke vir ons oopgemaak om ons en die boere van die Noord-Kaap te help.” –

 ??  ??
 ??  ?? Die ses vragte op pad na Calvinia en Williston.Die span van die Landbougim­nasium Augsburg was, van links, Quené Greyling, JP Viviers, Celene Saaiman, JP van Rhyn, Kevin Channon, Dean Nel, Henko Vermeulen, Arlene Visser, Sheree Botha en Johandré Brand.
Die ses vragte op pad na Calvinia en Williston.Die span van die Landbougim­nasium Augsburg was, van links, Quené Greyling, JP Viviers, Celene Saaiman, JP van Rhyn, Kevin Channon, Dean Nel, Henko Vermeulen, Arlene Visser, Sheree Botha en Johandré Brand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa