Landbouweekblad

Nóg slaggate in Oos-Kaap-paaiestryd

- THEUNS BOTHA

RAADOP Oos-Kaapse boere wag reeds amper ses maande om te hoor hoe die provinsial­e regering gaan voldoen aan ’n hofbevel om dié provinsie se ellendige paaie te verbeter.

Teen druktyd was die verwagting dat regter John Smith van die Grahamstad­se hooggeregs­hof binnekort sou uitspraak gee in die voortslepe­nde regsgeding wat begin het toe ’n raadop Agri Oos-Kaap verlede Augustus in dié hof ’n aansoek gebring het om die provinsie se direkteur-generaal van paaie en openbare werke te dwing om dringende instandhou­ding en herstelwer­k te doen aan die grondpaaie wat onder sy departemen­t se jurisdiksi­e val.

Op 12 Mei het Smith beveel die provinsial­e regering moet binne 30 dae ’n verslag aan die registrate­ur van die hof voorlê wat uiteensit hoe hulle beplan

om die paaie binne hul jurisdiksi­e te herstel en in ’n goeie toestand te hou.

Mnr. Douglas Stern, voorsitter van Agri Oos-Kaap, het aan Landbouwee­kblad gesê die departemen­t het sedertdien by drie geleenthed­e aansoek gedoen om uitstel vir die indien van die verslag.

WAG NÓG LANGER

Albei partye se regsvertee­nwoordiger­s het toe weer op 10 November voor die regter verskyn om hul saak te stel. Stern sê die provinsial­e regering het op dié geleenthei­d bloot ’n opsomming gegee van watter instandhou­dingswerk reeds gedoen is

en verduideli­k dat hulle ernstige begrotings­probleme ondervind. Die regter het ná die byeenkoms uitspraak voorbehou.

Stern sê die huidige agterstand met die instandhou­ding van paaie in die Oos-Kaap word op sowat R25 miljard beraam.

“Afgesien van onberekenb­are skade wat jaarliks aan boere se voertuie aangerig word, is daar ook baie vervoermaa­tskappye wat weier om goedere op plase af te lewer of op te laai uit vrees dat hul vragmotors ook beskadig sal word.

“Die provinsie se grondpaaie word as die swakste in die land beskou,” het Stern bygevoeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa