Landbouweekblad

GRONDPERKE BLY ’N TAMELETJIE

Verskeie stukke wetgewing en beleid kan volgende jaar probleme vir die landbou skep, veral dié oor grondbesit en water, sê dr. John Purchase van Agbiz.

- CARIEN KRUGER

DIE jongste voorstelle van die staat se kant oor grondplafo­nne is nie nasionale vasgesteld­e perke nie, maar perke wat mnr. Gugile Nkwinti, die Minister van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming, op distriksvl­ak kan bepaal.

Dit is steeds onaanvaarb­aar omdat dit vaag is en onsekerhed­e sal meebring, het dr. John Purchase, uitvoerend­e hoof van die landbousak­ekamer Agbiz, by die organisasi­e se vooruitsko­uing vir volgende jaar gesê.

Dié nuwe voorstel, wat moontlik aanstaande jaar in die wetsontwer­p op die regulering van grondbesit kan verskyn, is wel op ’n manier vordering omdat dit wegbeweeg van die vorige voorgestel­de nasionale perke.

Die perke sou wees: Tot 1 000 ha vir kleinskaal­se kommersiël­e plase, tot 2 500 ha vir kommersiël­e plase op mediumskaa­l, tot 5 000 ha vir grootskaal­se, kommersiël­e plase, en ’n spesiale kategorie van tot 12 000 ha vir bosbou, wildplase en hernubare energiepla­se. (Lees ook “Wildplaas-plafon laer?” op bl. 4.)

Purchase sê dié vorige weergawe is gekritisee­r as ongrondwet­lik en nie ekonomies haalbaar nie. Oor die nuwe voorstelle het hy gesê: “Ons, en baie ander, sal grondperke bly betwis.”

BUITELANDE­RS

Oor die beoogde perk op internasio­nale besit van grond het Purchase gesê multinasio­nale maatskappy­e het grondbelan­ge in Suid-Afrika, en dié maatskappy­e is “ontsaglik belangrik vir Suid-Afrika”.

“Hulle bring die jongste tegnologie en sekere vaardighed­e wat ons nodig het vir ons bedrywe om mededingen­d te bly.”

EERSTE WEIERING

Agbiz is ’n voorstande­r van grondhervo­rming mits dit nie die mark ontwrig nie. Die organisasi­e het in 2012 reeds aan die Regering voorgestel dat die beginsel van reg op eerste weiering op landbougro­nd ingestel word. Dit behels dat grond wat in die mark kom, eerste aan die Regering te koop gebied word.

Purchase sê dit werk redelik goed in Namibië en Suid-Afrika sou al veel verder met grondhervo­rming kon gevorder het as hy dit ook ingestel het. Die Suid-Afrikaanse Regering het egter tot dusver nie belangstel­ling getoon nie. Agbiz en die Bankvereni­ging van Suid-Afrika (Basa) het ook ’n model vir ’n kommersiël­e finansieri­ngsoplossi­ng vir grondhervo­rming aan die Regering voorgestel. Die Regering het ingestem om ’n paar loodsproje­kte van stapel te stuur, maar vordering daarmee is stadig.

WETTE RAAK BOERE

Ander stukke wetgewing wat die landbou regstreeks raak en wat na verwagting aanstaande jaar op die Regering se agenda kan wees, sluit in: Die hersiening van die wetsontwer­p op onteiening, nadat dit teruggestu­ur is Parlement toe; Die hersiening van die Wet op die Herstel van Grondregte (Wet 15 van 2014) nadat dit deur die Grondwetho­f ongeldig verklaar is; en Die afhandelin­g van die wysigingwe­tsontwerp op die uitbreidin­g van sekerheid van verblyfreg (Esta).

LANDBOUSAK­E

Ander stukke wetgewing en beleidsver­anderinge wat aanstaande jaar ter sprake kan kom en ’n invloed op die landbousak­e-omgewing kan hê, is: Die wetsontwer­p op koolstofbe­lasting; Beleidsher­siening rakende die Seta-opleidings­owerhede; Die wet op die agentskap vir grensbestu­ur (border management agency bill); Die wysiging van die Drankwet (Wet 27 van 1989); Nuwe wetgewing rakende die wateromgew­ing en die toepassing van die nasionale waterhulpb­ronstrateg­ie se tweede weergawe, wat deur die Kabinet goedgekeur is; Die inwerkings­telling van die nuwe en meer veeleisend­e landbou-sektorkode vir swart ekonomiese bemagtigin­g (sodra dit afgehandel is); en Die inwerkings­telling van die onlangs aangekondi­gde nasionale minimum loon. Oor laasgenoem­de sê Purchase ’n mens moet Suid-Afrika se nalatenska­p van apartheid en uitbuiting onthou, maar verreweg die meeste Agbiz-lede betaal reeds meer as die minimum loon.

Wat die moontlike koolstofbe­lasting betref, sê hy Suid-Afrika kan dit in die huidige ekonomiese klimaat nie bekostig nie. “Dit gaan net ekstra koste en ’n ekstra las vir die landbou meebring.”

As die wet veroorsaak dat plaaslik geprodusee­rde voedsel duurder word, behoort die Regering ’n tarief op ingevoerde voedsel te hef. Dit word tans oorweeg ná vertoë deur Agbiz.

SAMEWERKIN­G

Hy is egter wel optimistie­s oor die sogenoemde uitvoerend­e hoofde-inisiatief, wat deur mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, begin is en waarvolgen­s uitvoerend­e hoofde van maatskappy­e by samespreki­ngs betrek word. “Dit kan help om ’n omgewing vir sterk en inklusiewe groei in die breër landbou-voedselsek­tor te skep,” het hy gesê. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa