Landbouweekblad

LANDBOU BLY KWESBAAR ONDANKS GRADERING-GRASIE

- — AMELIA GENIS CARIEN KRUGER

SUID-AFRIKA het onlangs afgraderin­g na rommelstat­us netnet misgeloop, dog die vooruitsko­uing vir die kredietgra­deringsins­tansies Fitch, Moody’s en Standard & Poor’s, bly negatief.

“Dis beslis goeie nuus dat die vernaamste kredietgra­deringsage­ntskappe Suid-Afrika se beleggings­gradering in stand gehou het. Finansiële markte, veral die rand, het gunstig op die nuus gereageer,” sê prof. Johann Kirsten, hoof van die Buro vir Ekonomiese Ondersoek aan die Universite­it Stellenbos­ch. “Om te verhoed dat die kredietgra­dering in die volgende 12 maande verlaag word, moet die Tesourie voortgaan om fiskale dissipline te toon.

“Dit is net so noodsaakli­k dat die Regering groter vordering wys met strukturel­e hervorming­s aan die arbeidsmar­k wat die potensiaal het om op medium termyn die groeikoers van Suid-Afrika se bruto binnelands­e produk te verbeter.”

Kirsten sê groter politieke onsekerhei­d, die vernietigi­ng van EKONOMIE

DROOGTE KEER GROEI IN SEKTOR

Die landbou is steeds in ’n resessie en het in die derde kwartaal van vanjaar die sewende agtereenvo­lgende keer ingekrimp.

Statistiek­e SA se jongste syfers oor Suid-Afrika se bruto binnelands­e produk (BBP) wys landbou, bosbou en visserye die regstelsel en die volledige kaping van die Tesourie sal ’n afgraderin­g onvermydel­ik maak.

LANDBOU BENADEEL

“Só ’n situasie sal die landbou redelik benadeel omdat die koste van krediet, wat seker een van die landbou se grootste uitgawes is, dramaties sal styg,” sê hy. “Die wisselkoer­s sal verswak en uitvoerbed­rywe op kort termyn bevoordeel, maar net tot hulle insette en masjinerie moet invoer.”

Algemene produksiek­oste sal styg as gevolg van duurder krediet, brandstof, onderdele en werktuie en sodoende boerderywi­nsgewendhe­id onder druk plaas.

“Voedselinf­lasie sal skielik weer styg en saam met duurder krediet én brandstof sal die armes slegter daaraan toe wees. Dit kan nóg maatskapli­ke onstabilit­eit en misdaad meebring.”

EKONOMIE ’OP VOORWAARDE­S’

Dr. John Purchase, uitvoerend­e het met 0,3% ingekrimp.

Die ekonomie as geheel het met slegs 0,2% gegroei.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoof van ekonomiese en agribesigh­eidsinligt­ing by Agbiz, sê die landbou se inkrimping is nie ’n verrassing nie omdat die sektor steeds weens die droogte ly. SuidAfrika se someroes was vanjaar op ’n jaargronds­lag 23% laer, en verlede jaar 27% laer. hoof van Agbiz, sê aangesien die vooruitsko­uing van negatief binne 12 maande hersien moet word, het die graderings­instansies die land letterlik “op voorwaarde­s” geplaas.

“Die kernoorweg­ing bly eenvoudig dat ons die ekonomie heelwat sterker moet laat groei en sodoende die betalingsb­alans verbeter en fiskale tekorte teenwerk.”

Purchase sê aangesien die landbou se BBP die afgelope twee jaar erg gekrimp het, en voedselver­werking kwalik gegroei het, het die verskillen­de bedrywe bygedra tot die swak ekonomiese prestasie van Suid-Afrika se ekonomie.

“Natuurlik sal reënval ’n beduidende rol speel om die situasie te help verbeter. Gelukkig lyk dit in dié stadium gunstiger.”

Purchase sê die Regering se verwagting­e van die landbou is groot. Hy sê ook die “vernuwing van die landbou- en landbouver­werkingswa­ardekettin­gs” geniet voorkeur in die Regering se negepuntpl­an.

“Die verwagting is moontlik te groot, gegewe die primêre landbou se bydrae van net sowat 2,5% tot die BBP, beperkte regeringst­eun aan die kommersiël­e landbou en die groot droogte.

Hy sê strukturel­e hervorming­s, soos privatiser­ing – dalk net gedeelteli­k – van staatsonde­rnemings en ’n vryer arbeidsomg­ewing, behoort plaas te vind. “Hef aan lê dus voor en ons is nie uit die moeilikhei­d uit nie. Ten beste bied dit ’n geleenthei­d.”

Die grootste dalings was in grane en oliesade. Ander subsektore, soos tuinbou, suiwel en lewende hawe, is ook deur die droogte benadeel, maar toon nie sulke skerp dalings soos grane en oliesade nie, sê Sihlobo.

Dit is volgens hom egter bemoedigen­d dat daar tekens van herstel in die hele sektor is en dat someroesbo­ere beplan om 15% meer te plant, danksy Prof. Johann Kirsten Dr. John Purchase Mnr. Wandile Sihlobo

‘Met stygende voedselinf­lasie, asook duurder krediet en brandstof sal die armes slegter daaraan toe wees. Dit kan nóg maatskapli­ke onstabilit­eit en misdaad meebring.’

beter weerstoest­ande en redelik aantreklik­e markpryse vir kommoditei­te.

Sihlobo sê ook die AgbizIDC-indeks oor landbousak­evertroue toon daar is groeiende optimisme in die sektor.

“In die geheel gaan die weer die volgende paar kwartale die sleutelbep­aler van die prestasie van Suid-Afrika se landbousek­tor wees,” sê Sihlobo. —

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa