JY KÁN DIE SWAK RAND EN TRAE MARKTE UITOORLÊ
ONTOEREIKENDE landbouproduksie in Afrika en Asië in verhouding tot die bevolking van dié vastelande gaan minstens tot 2040 heers. Suid-Afrikaanse boere kan vooruit boer deur voedselprodukte na lande in daardie wêrelddele uit te voer, sê mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa-Agribesigheid se sentrum vir uitnemendheid.
Hy voorspel dat die rand in die toekoms met 6% tot 10% per jaar teenoor die Amerikaanse dollar gaan verswak. Hy het op die onlangse Subtrop-bemarkingsimposium in Mbombela (Nelspruit) gesê boere moet anders dink oor die toekoms en hoe die ekonomie hulle gaan raak. Hy beveel aan dat hulle so vroeg moontlik in die jaar hul dollar-gebaseerde produksiemiddele koop en dan hul uitvoerprodukte so laat as moontlik in die siklus verkoop. “Só kan boere munt slaan uit die wisselkoerssiklus.”
MEDEDINGING
bruik en hul produkte regstreeks by verbruikers aflewer.”
Boonop moet boere, volgens hom, nie hoop op beter kommoditeitspryse in dollarwaarde in die volgende 40 jaar nie. “Ons is, soos wat baie ander ekonome sê, in ’n kommoditeitskrisis, en daar is geen vooruitsigte vir iets wat drastiese prysverhogings teweeg sal bring nie. Die prys van avokado’s, makadamias en ander tropiese vrugte gaan dus in die volgende 40 jaar net sywaarts beweeg,” sê Janovsky.
EKSAMEN SKRYF
“Boere moet anders begin dink oor die landbou en winsgewend raak op maniere waaraan hulle nie vroeër gedink het nie. Verbou eerder makadamias in China en bespaar op die vervoerkoste vanaf Suid-Afrika daarheen,” sê hy.
Hy sê Suid-Afrika is een van die veiligste lande ter wêreld om in te belê.
“Kredietgraderingsagentskappe dwing die land om elke ses maande ‘eksamen te skryf’ oor sy fiskale beleid. Dit hou die Regering verantwoordbaar.”
Hy meen selfs korrupte leiers en politici wil ’n afwaartse aanpassing in Suid-Afrika se kredietgradering vermy. “Want as dit gebeur, is die geld wat hulle gesteel het, niks werd nie.”
In Zimbabwe kon die regering bloot die wet verander om sy grondvergrype te wettig, maar in Suid-Afrika kan boere hulle tot die Grondwethof wend. Die Regering mag nie wette verander as dit in stryd met die land se Grondwet is nie. –