Landbouweekblad

| Katastrofe met Karibaoppa­d?

-

Die wal van die Karibadam op die grens tussen Zambië en Zimbabwe kan binne die volgende drie jaar ineenstort as dringende herstelwer­k nie gedoen word nie, luidens ’n verslag van die Instituut vir Risikobest­uur Suid-Afrika (IRMSA) en die konsultant­efirma AON. Dié dam is Zambië en Zimbabwe se hoofbron van elektrisit­eit.

Sedert die dam in 1959 in gebruik geneem is, het water uit die sluise ’n poel van 90 m diep voor die damwal weggekalwe. Dié poel is nou ’n skamele 30 m van die wal se fondamente af. Sedert die 1990’s word net drie van die dam se ses sluise gebruik ten einde erosie te verminder.

Afgesien van die katastrofi­ese verlies aan mense- en dierelewen­s en skade aan die omgewing sal 40% van Suider-Afrika se elektrisit­eitsopwekk­ingsvermoë daarmee heen wees sonder Kariba. Die skielike vloed sal waarskynli­k ook die Cahora Bassa-dam vernietig, wat tans 1 500 megawatt vir SuidAfrika opwek. –

2 Hy waarsku egter dat boere oopkop sal moet wees en hulself moet staal vir mededingin­g uit allerhande nuwe oorde vir honger wêreldmark­te. “Wees versigtig om horisontaa­l uit te brei. Jy sal moet meeding teen tegnologie wat dit moontlik maak om tonne vleis in laboratori­umtoestand­e te kweek en hamburgers uit vlieglarwe­s te vervaardig. Sonneblomo­lie kan nou van bakterieë gekweek word.

“Boere sal die waarde en eienskappe van hul produkte beter moet bemark. Supermarkt­e soos ons dit ken, gaan in die toekoms nie meer bestaan nie. As boere slim is, gaan hulle sosiale netwerke, soos UberFresh, begin ge-

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa