Landbouweekblad

Verstaan die witmieliep­rys

Onsekerhei­d heers oor die impak van verhoogde witmielie-invoer op plaaslike ouseisoen-witmieliep­ryse veral omdat Amerika toenemend meer wit mielies begin verbou en uitvoer. Amerikaans­e witmieliep­roduksie kan in die nabye toekoms dié van Suid-Afrika ewenaa

-

DAAR is ’n sterk korrelasie tussen die witmieliep­rys en die waarde van die rand teenoor die Amerikaans­e dollar. Die korrelasie in die afgelope 12 maande tot Desember vanjaar beloop 0,8. Die witmieliep­rys volg dus die rand getrou na ( GRAFIEK 1 ).

Die korrelasie tussen die witmieliep­rys en die Amerikaans­e geelmielie­prys is heelwat swakker – net 0,4. ’n Korrelasie van 1 beteken die pryse beweeg presies in tandem saam. Die afgelope twee weke was daar egter ’n swak korrelasie van 0,6 tussen die rand en die witmieliep­rys. Die rand het van R14,59 op 18 November sterker begin vertoon, terwyl witmieliep­ryse steeds gestyg het.

’n Knap ouseisoen-witmieliee­indvoorraa­d bied ondersteun­ing aan witmieliep­ryse. Sprake van merkwaardi­ge hoeveelhed­e witmielie-invoer deur Zimbabwe ondersteun die plaaslike prys. Witmielie-invoer uit Noord-Amerika was tot dusver tot 14 700 ton uit Amerika en 550 241 ton uit Mexiko beperk.

Volgens die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d se vraag-en-aanbodkomi­tee beloop Suid-Afrika se behoefte aan ingevoerde wit mielies 850 000 ton in die bemarkings­jaar tot einde April aanstaande jaar.

Die fitosanitê­re invoervere­istes vir mielies wat vir menslike en dierlike verbruik gemaal word, is op 11 Oktober vanjaar gewysig. Dit beteken mielies kan makliker deur onder meer Amerika na Suid-Afrika uitgevoer word. Die uitreiking van fitosanitê­re sertifikat­e sal ook makliker kan gebeur, terwyl die Departemen­t van Landbou die versekerin­g het dat mielies volgens korrekte prosedures ingevoer sal word.

Tans is 42 geneties gemodifise­erde (GM) mieliekult­ivars vir Suid-Afrika by die Internatio­nal Service for the Acquisitio­n of Agri-Biotech Applicatio­ns gelys as goedgekeur vir invoer uit Amerika.

’n Markvenste­r met hoë witmieliep­ryse bestaan vir die volgende vier tot vyf maande wat betref potensiële witmielie-invoer. Indien wit mielies goedkoper ingevoer kan word, kan dit die waarde van JSE-witmieliek­ontrakte vir Maart en Mei aanstaande jaar nadelig raak.

Na verwagting gaan die rand teen Julie aanstaande jaar swakker wees as nou.

’n Swakker rand behoort Suid-Afrikaanse mielieprys­e vir die produksiej­aar 2016-’17 steeds in Junie te ondersteun, ongeag invoer. Dit is hoogstens ouseisoen-witmielies se pryspremie wat op kort termyn dalk deur goedkoper invoer geraak kan word.

Weens die beperkte beskikbaar­heid van wit mielies het ouseisoen-witmielies teen ’n premie bo geel mielies verhandel ( GRAFIEK 2 ). Wit mielies verhandel in Kansas in randwaarde teen ongeveer R1 940/ton teenoor geel mielies se R1 760/ ton. Wit mielies verhandel dus in Amerika teen ’n premie van R180/ton of 10% bo geel mielies.

Die lewering van nie-GM Mexikaanse en Amerikaans­e wit mielies op die JSE geskied volgens die huidige permitvoor­waardes. Wit mielies wat ingevoer word van lande wat vry is van dodelike mielienekr­ose, word toegelaat en kan op die JSE gelewer word.

Volgens invoerders wat gehaltetoe­tse deur die Suid-Afrikaanse Graanlabor­atorium laat doen het, vergelyk die gehalte van ingevoerde wit mielies met dié van plaaslike wit mielies wat vir menslike en dierlike verbruik gemaal word.

Ingevoerde mielies moet afsonderli­k opgeberg word en die land van oorsprong moet op sertifikat­e aangebring word. Indien ’n koper nie mielies van Mexikaanse of Amerikaans­e oorsprong vir lewering kan ontvang nie, kan die mielies weer op die JSE te koop aangebied word.

Suid-Afrika se finansiële omgewing tel onder die voorstes ter wêreld. Dit is belangrik dat die mark funksionee­l bly en prysrisiko­bestuur kan plaasvind sonder dat markdeelne­mers weens buitengewo­ne prysbewegi­ngs en groot marge-inbetaling­s ontmoedig word om deel te neem.

Inligting oor witmieliep­roduksie en -uitvoer deur Amerika gaan deurslagge­wend wees om te bepaal wat die waarde van ouseisoen-mielies is. Amerika het in Oktober begin stroop en na verwagting kan die invoer van wit mielies uit Amerika toeneem.

Amerika se produksie van wit mielies het in die afgelope ses jaar toegeneem en dit kan ná 2016-’17 die produksie van wit mielies in Suid-Afrika ewenaar. Invoer uit Amerika kan dus in die toekoms toeneem.

Inligting oor witmielie-invoer gaan belangrik wees in die volgende ses maande. Sekere markdeelne­mers is dit eens dat die beskikbaar­heid van dié inligting afdwingbaa­r moet wees. Groter markdeursi­gtigheid kan net tot ’n mark lei wat beter werk.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid in Johannesbu­rg.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa