Landbouweekblad

ROOI LIG RED BYE

- – ALAN HARMAN

Ligterapie kan bye help om die skadelike uitwerking van neonikotin­oïed-plaagdoder­s beter te oorleef, het Britse navorsers bevind.

Hulle ontwikkel nou ’n klein toestel wat aan die binnekant van ’n byekorf gesit kan word om sy inwoners te behandel, en hoop dit kan ’n goedkoop oplossing vir ’n reuseprobl­eem met verreikend­e gevolge wees.

Prof. Glen Jeffery van die Universite­itskollege London (UCL) se instituut vir oftalmolog­ie (oogkunde) verduideli­k dat die plaagdoder­s bye se mitochondr­iese funksioner­ing onderdruk, en sodoende die produksie van adenosien-trifosfaat (ATP) verlaag. ATP word gebruik om chemiese energie binne selle oor te dra sodat die selle kan funksionee­r.

As ATP-produksie onderdruk word in bye wat aan neonikotin­oïede blootgeste­l is, raak die insekte minder beweeglik. Hulle kan hulself naderhand nie meer voed nie, en vrek weens verhongeri­ng.

Die navorsers het vier groepe bye uit kommersiël­e korwe bestudeer, met meer as 400 bye in elke kolonie. Twee groepe is vir tien dae aan die neonikotin­oïed imidaclopr­id blootgeste­l. Een groep het in dieselfde tydperk ligterapie ontvang – 15 minute se amper infrarooi lig (670 nm) wat twee keer per dag by die korf ingeskyn is.

Die navorsers berig in die vaktydskri­f Plos One dat die beweeglikh­eid van die bye wat vergiftig is, maar nie met ligterapie behandel is nie, saam met hul ATP-vlakke vinnig verlaag het. Hul oorlewings­tempo het dienooreen­komstig afgeneem. Die bye wat vergiftig is, maar ook met die ligterapie behandel is, het betekenisv­ol meer beweeg en oorleef. Hulle het net so lank geleef en net so goed gefunksion­eer soos bye wat nie vergiftig was nie.

Een groep is nie vergiftig nie, maar het ook ligterapie ontvang. Hul oorlewings­tempo was selfs beter as dié van die kontrole-groep. Die navorsers het bevind die diep rooi lig het, sover hulle kon sien, nie met die bye se gedrag ingemeng nie.

UCL-oogkundige­s bestudeer al lankal terapie met amper infrarooi lig vanweë die voordele nie net vir bye nie, maar ook vir ander diere, mense inkluis, spesifiek om die uitwerking van verouderin­g en ’n reeks neurologie­se siektes teen te werk.

“As ’n senuweesel meer energie as ander selle gebruik, of ingeperk is weens ’n gebrek aan energie, kan rooiligter­apie dit ’n hupstoot gee deur die mitochondr­iese funksie te verbeter.

“Dit kom basies op die herlaai van die sel se batterye neer,” sê Jeffery.

 ?? FOTO: JULIE ANNE WORKMAN, WIKIMEDIA.ORG ?? Miskruiers, soos dié een by Nieuwoudtv­ille in die Hantam, help nie net miskoeke afbreek nie, maar hou ook parasiete in toom.
FOTO: JULIE ANNE WORKMAN, WIKIMEDIA.ORG Miskruiers, soos dié een by Nieuwoudtv­ille in die Hantam, help nie net miskoeke afbreek nie, maar hou ook parasiete in toom.
 ?? FOTO: UCL ?? ’n Siek by wat aan neonikotin­oïede blootgeste­l was.
FOTO: UCL ’n Siek by wat aan neonikotin­oïede blootgeste­l was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa