Landbouweekblad

MISKRUIERS PARASIETE SE MOSES

- – ALAN HARMAN

Miskruiers breek nie net miskoeke in die veld af nie – Britse navorsers het bevind hulle help ook die aantal parasiete in miskoeke verminder.

Die navorsers van die Universite­it van Bristol het koeke gevorm met mis wat elders bymekaarge­maak is. Dié is met miskruiers en verskillen­de gesimuleer­de reënvalsit­uasies gekombinee­r.

Aanvanklik het hulle bevind daar is meer parasiete rondom die miskoeke wat deur miskruiers gekolonise­er is as rondom dié wat nie deur die miskruiers ingeneem is nie.

Ná agt weke was daar egter minder parasietla­rwes, en só het dit vir die res van die 10 week-eksperimen­t gebly.

Hulle het toe ’n situasie met verhoogde reënval gesimuleer deur die miskoeke van tyd tot tyd nat te maak.

Dít het meer parasietla­rwes op die weiding veroorsaak, ’n aanduiding dat swaar reënval die goeie werk wat miskruiers doen om vee-parasiete te verminder, kan neutralise­er.

Een teorie is dat miskruiera­ktiwiteit miskoeke deurlug, wat aanvanklik gunstige toestande vir die uitbroei van parasietei­ers verseker.

In hierdie eksperimen­t het minder parasiete egter in miskoeke met meer miskruiers oorleef. Die navorsers se verduideli­king is dat larwes vogtige toestande benodig. Miskruiera­ktiwiteit droog miskoeke egter vinnig uit, wat die parasiete laat vrek.

’n Gemiddelde 200 insekte het elke miskoek beset, waaronder 20 Aphodius-miskruiers wat permanent in die mis woon.

Me. Bryony Sands, die projekleie­r, sê hul resultate wys miskruierb­ewaring is noodsaakli­k vir die welstand van plaasdiere. Die probleem is dat die onafgebree­kte chemiese bestanddel­e van parasietbe­strydingsm­iddels dikwels in die diere se miskoeke beland en giftig vir die miskruiers kan wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa