Landbouweekblad

TEGNOLOGIE KEER PAKLYN-BESERINGS

- – LUCILLE BOTHA

Sitrus, appels, mango’s en aartappels word dikwels op opvallende plekke in die paklyn gekneus sonder dat dit raakgesien word. Dit lei tot afkeurings en die onnodige vermorsing van kos.

Danksy TuberLog-tegnologie kan gehaltebeh­eer verfyn word deur die fisieke skade te bepaal wat in pakskure aangerig word.

Dr. Chris Bishop, hoof van die ná-oeseenheid by die Writtle-universite­itskollege in Brittanje, gebruik dié tegnologie gereeld in groot Spaanse pakskure om te bepaal in watter mate slytasie en skade aan die paklyn tot produkverl­iese lei. Bishop was die genooide spreker by die tweede ná-oes-innovasies­imposium op Stellenbos­ch.

“As ons dié skade kan beperk, kan ons lemoene in Spanje pak en dit reguit Duitsland, Brittanje of Denemarke toe stuur sonder dat dit nodig is om die lemoene weer met aankoms te sorteer en herpak. Dit kan reguit na die supermark se verspreidi­ngsentrum gaan. Dit keer dat vrugte hergradeer word en verseker dat minder beskadigde produkte weggegooi word. Die vervoer- en pakkoste is ook minder. Daar is dus ’n beter opbrengs. Die hele proses raak meer volhoubaar.”

TuberLog lyk soos ’n helderkleu­rige, elektronie­se aartappel. Dit is ’n toestel wat die impak van houe meet terwyl produkte oor paklyne beweeg. So kan die dele van die masjinerie wat kneusplekk­e veroorsaak, uitgewys word.

Dit is toegerus met ’n data-opskrywer (logger) wat enige impak en temperatuu­rwaardes onmiddelli­k registreer.

Die TuberLog beweeg (saam met die vrugte) drie keer oor die volle paklyn, waarna Bishop-hulle die data aflaai en die grootste skokke identifise­er. Die TuberLog loop dan vyf tot tien keer oor dié plekke op die paklyn.

“Ons probeer eers die massiewe foute uitstryk, veral as dit aan die begin van die paklyn is. Ek het al op meer as 50 paklyne gewerk en die probleme is 80% van die tyd baie ooglopend. Niemand kan dan verstaan waarom dit nie vroeër opgemerk is nie, maar mense is besig en skade aan masjinerie is nie hul grootste besorgdhei­d nie.”

Die oplossing verg dikwels eenvoudige regstellin­gs, soos om ’n stukkie spons te draai om ’n staalstaaf waarteen vrugte bots.

Die TuberLog word ook deur die hele leë paklyn gestuur om te bepaal hoeveel skade die vrugte self aanrig wanneer dit teen mekaar stamp.

“Nadat ons die data ontleed het, kan ons vir die operateurs die vlak van skade wys. Dis ’n goeie manier om mense op te lei.”

 ?? FOTO: WWW.SPUDSMART.COM ?? Die TuberLog help om te bepaal waar op die paklyn vrugte beskadig word.
FOTO: WWW.SPUDSMART.COM Die TuberLog help om te bepaal waar op die paklyn vrugte beskadig word.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa