Landbouweekblad

Lui die doodsklok?

Met die beoogde wysiging aan die Inkomstebe­lastingwet is daar baie kenners wat beweer trusts gaan hul glans verloor as boedelbepl­anningsins­trument. Ja, daar gaan noodwendig belastingi­mplikasies wees, maar die grootste voordeel van ’n trust, naamlik die be

-

Mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, het in sy begrotings­rede vir 2016-’17 aangekondi­g dat hy beoog om die belastingr­eëls rakende rentevrye lenings aan trusts te verander. Hy was nie baie spesifiek oor die veranderin­gs nie, totdat die voorlopige wetsontwer­p op belastingw­ette in Julie vanjaar gepublisee­r is. Dit het meer duidelikhe­id gegee. Die impak van die veranderin­gs, wat op 1 Maart aanstaande jaar in werking tree, gaan beduidend wees.

’n Nuwe artikel (7C) sal in die Inkomstebe­lastingwet ingesluit word. Dié artikel sal van toepassing wees wanneer ’n natuurlike persoon of verbonde maatskappy ’n lening aan ’n verbonde trust maak. Indien die rentekoers wat op die lening gehef word, laer is as die repokoers plus 1% (tans 8%), sal die verskil in rente ’n geagte inkomste in die hande van die uitlener wees. Die toegewing om jaarliks R100 000 van ’n lening terug te skenk aan die trust, gaan ook verval. In die toekoms sal sodanige skenking van ’n verbonde lening aan skenkingsb­elasting onderworpe wees, sonder enige kwytstelli­ng.

Die bekendmaki­ng van die beoogde veranderin­gs aan die Inkomstebe­lastingwet is met groot ontstelten­is in die media begroet. Daar word aangevoer dat die Tesourie in die toekoms veel meer uit trustbelas­tings wil verdien en dat hy ook beoog om belastingb­etalers se vermoë om welvaart belastingv­ry na trusts oor te dra, wil beperk. Die indruk word gewek dat trusts met hierdie wysigings hul aantreklik­heid as boedelbepl­anningsins­trument verloor het en na dese nie meer as deel van ’n boerderyst­ruktuur aangemoedi­g behoort te word nie.

Na aanleiding van die Davis-belastingk­ommissie se ondersoek na Suid-Afrika se belastingw­etgewing was dit te wagte dat die voorgestel­de wysigings duidelikhe­id sou bring oor die Tesourie se inwerkings­telling van die kommissie se voorstelle.

In sy eerste verslag het die kommissie hom veral uitgelaat oor hoe die merkbare misbruik van trusts vir belastingd­oeleindes aangepak moet word, veral met verwysing na die geleibuisb­eginsel. Dié beginsel behels dat inkomste wat in ’n trust ontvang is, mag “deurvloei” om eerder in die hande van die trustbegun­stigdes belas te word. Dit was dus algemeen te wagte dat hierdie beginsel saam met die voorgestel­de wysigings beëindig sou word, maar dit is helaas nie gedoen nie.

Neem egter kennis dat bogenoemde nog net voorgestel­de wysigings is en tans oop is vir openbare kommentaar. Na gelang van die bywerking van die kommentaar sal die nuwe bepalings eers vanaf 1 Maart aanstaande jaar in werking gestel word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa