Seleksie vir wins is wenresep
Danksy streng wetenskaplike boerderymetodes, doelgerigte seleksie en die akkuraatste veldbestuur denkbaar weet Suider-Afrika se Stoetteler van die Jaar presies waarheen hy op pad is: die uitvoervleismark. Mnr. Johan Styger is ’n “handelaar in gene” en sy
As bedryfsleier wat aan die voorpunt van genetiese verbetering staan en boonop sy kennis mildelik terugploeg, is mnr. Johan Styger nie om dowe neute bekroon as Pick n Pay, Landbouweekblad en Breedplan se Stoetteler van die Jaar nie. Johan, wat internasionaal kan meeding, is die waardige wenner van dié gesogte titel, wat op die afgelope Aldam-vleisbeesskool van die Lewendehawe Registrerende Owerheid (LRF) en Landbouweekblad oorhandig is.
Hy besit BTB Simmentalers (Boekenhout Trust Boerdery) en boer op die plaas Schoemansfontein tussen Klerksdorp en Hartbeesfontein in Noordwes, terwyl sy vrou, Annemarie, ’n gastehuis op Klerksdorp het.
Prof. Frikkie Neser, hoogleraar in die departement vee-, wild- en weidingkunde aan die Universiteit van die Vrystaat en beoorde- laar vir die kompetisie, beskryf Johan as ’n wetenskap-georiënteerde boer wat daaraan glo om dinge reg te doen. “Johan glo aan saamwerk met wetenskaplikes van oor die wêreld. Trouens, sy toepassing van teeldoelwitte en die gevolglike genetiese neigings plaas hom op die voorpunt van genetiese verbetering in die land en laat hom toe om internasionaal mee te ding.”
Hy ploeg dié kennis terug en bied dikwels kursusse in praktiese teling aan.
SELEKSIE VIR WINS
Johan sê ’n duidelike teeldoelwit is die beginpunt van seleksie vir wins . Om ’n teeldoelwit te formuleer, moet die boer haarfyn weet waar die werklike koste in die boerdery lê.
“Die houkoste van koeie wat nie kalf nie of moeilik kalf, word dikwels onderskat. Koeikuddes se onderhoudsbehoeftes word in menige geval ook nie akkuraat bereken nie.”
Deur te selekteer vir wins en waardes aan bepaalde eienskappe toe te ken, word daar volhoubaar geboer. ■ Die noukeurige monitering van weiding is noodsaaklik vir maksimale benutting sonder oorbeweiding. ■ Bulle wat nie die paal haal nie, word geslag om akkurate karkasen groeidata te bekom en die voeromsettingsverhouding te meet.
Daarom ken hy gewigte toe aan die verskillende rand-en-sent-eienskappe, soos verkoopsgewig, onderhoudskoste en langlewendheid, om ’n winsseleksie-indeks saam te stel. Dan gebruik hy Breedplan se Breed Object-sagteware om die ekonomiese gewigte te bepaal en oor te dra aan die beskikbare teelwaardes. Dit maak dan direkte winsseleksie moontlik. Hierdie tegnologie is al sewe jaar in Suid-Afrika.
Johan het ná matriek ’n graad in siviele ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Nadat hy hom as siviele ingenieur