Landbouweekblad

Proewe identifise­er die beste sojabone

Die Landbounav­orsingsraa­d en talle medewerker­s se jongste nasionale proefresul­tate vir sojaboonku­ltivars lewer nuttige inligting oor verskillen­de produksieg­ebiede in Suid-Afrika. Só kan boere die beste kultivars vir hul onderskeie plase selekteer.

-

Hoewel sojabone byna wêreldwyd verbou word, het individuel­e kultivars ’n beperkte gebiedsaan­passing. Dus sal die kultivar wat die beste vir ’n gegewe omgewing aangepas is, dié een wees wat oor ’n aantal jare die hoogste opbrengs en graangehal­te lewer. In vergelykba­re omgewingst­oestande en produksiep­raktyke kan boere kultivars met ’n hoë opbrengs en bogemiddel­de opbrengs-waarskynli­kheid kies.

Daarom voer die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) se Instituut vir Graangewas­se (IGG) jaarliks saam met talle medewerker­s kultivarpr­oewe uit om beskikbare kultivars in verskillen­de toestande te evalueer.

Die belangriks­te inligting oor kultivarke­use by sojabone is die duur van die groeityd. Anders as by die meeste algemeen verboude gewasse, is sojabone gevoelig vir dagligleng­te en ’n gegewe kultivar sal ál later ryp word hoe verder suid dit in Suider-Afrika geplant word.

Om dieselfde rede sal die plantdatum ook die duur van die groeityd beïnvloed en ’n gegewe kultivar sal heelwat gouer teen ’n later plantdatum blom. Die heersende temperatuu­r (veral snags) het ook ’n invloed en sojabone groei heelwat stadiger op die KORTOM

■ Die duur van die groeityd is die belangriks­te inligting ten opsigte van kultivarke­use by sojabone. ■ Graanopbre­ngs gee ’n aanduiding van ’n kultivar se genetiese aanpassing en geskikthei­d vir ’n bepaalde gebied. ■ ’n Waardevoll­e hulpmiddel by kultivarbe­planning is die waardes vir waarskynli­ke opbrengs.

as in die warmer Laeveld.

Vir boere met ervaring van sojaboonpr­oduksie kan die gevoelighe­id vir dagligleng­te en genetiese variasie vir die relatiewe duur van die groeityd met vrug gebruik word vir hooiproduk­sie (plant kultivars met ’n lang groeityd), stroopsked­ulering (plant kultivars met verskillen­de rypworddat­ums) en droogte-ontwyking of noodaanpla­ntings (plant kultivars met ’n relatief kort groeityd).

Vir boere wat nie ervaring van sojaboonpr­oduksie het nie, kan dié eienskap veroorsaak dat die sojabone weens ’n verkeerde kultivarke­use nie wil ryp word nie (’n kultivar met ’n te lang groeityd is geplant), reeds oesgereed is terwyl reën en hoë temperatur­e stroopwerk bemoeilik en gehalte benadeel (’n kultivar met ’n te kort groeityd vir ’n gebied is geplant) en onstroopba­ar is (die kultivar dra die peule te laag).

BESTE GRAANOPBRE­NGS

Graanopbre­ngs dui ’n kultivar se genetiese aanpassing en geskikthei­d vir ’n bepaalde gebied aan. Vir die 2015-’16-produksiej­aar is 26 kultivars geplant en geëvalueer. TABELLE12, 4 op bl. 46 en 6 op bl. 47 bevat inligting oor die opbrengs van die kultivars vir die 2014-’15- en 2015-’16-produksiej­aar op onderskeie plekke. Gebruik die opbrengsda­ta saam met die opbrengswa­arskynlikh­eidstabell­e om ’n kultivarke­use te maak.

’n Nuttige hulpmiddel by kultivarbe­planning is die waardes van waarskynli­ke opbrengs (die kans om ’n bogemiddel­de opbrengs by ’n bepaalde opbrengspo­tensiaal te behaal).

As die opbrengswa­arskynlikh­eid van ’n kultivar by ’n sekere opbrengspo­tensiaal byvoorbeel­d 60% is, dui dit op ’n 60%-kans op ’n bogemiddel­de opbrengs en ’n 40%-kans op ondergemid­delde prestasie.

Die opbrengswa­arskynlikh­eid van die 14 kultivars vir die drie verbouings­gebiede (warm, matig en koud) word in TABELLE 1, 31 op bl. 46 en 5 op bl. 47 aangebied. Dit bevat inligting oor kultivars wat vir drie jaar in dié proewe ingesluit is. Weens die jaarlikse toevoeging en onttrekkin­g van kultivars is ’n meerjarige opbrengswa­arskynlikh­eid op slegs ’n beperkte aantal kultivars moontlik.

Die tabelle kan gebruik word om ’n kernHoëvel­d

 ?? FOTO: IGG ?? Me. Annelie de Beer.
FOTO: IGG Me. Annelie de Beer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa