Landbouweekblad

’n Unimog wat alles kan doen

Baie gesinne het een gunsteling-voertuig gehad wat steeds in tere herinnerin­g gehou word. Vir die Wolvaardts is hul Unimog al vir baie dekades ’n getroue metgesel, reis- en arbeidsgen­oot.

-

In die jaar waarin die Unimog en haar wederhelf albei 70 jaar oud word, gaan haal mev. Marita Wolvaardt die storie van húl Unimog ver: In Mei 1975 toe haar man, Wynand, een aand as jonggetrou­de met sterre in die oë tuisgekom het. “So is dit mos maar,” vertel Marita in ’n brief wat Wynand persoonlik by Landbouwee­kblad se kantoor kom aflewer het, “’n jong boer se droom ontaard dikwels in ’n ewe jong boervroutj­ie se nagmerrie.”

Die rede vir die jongeling se groot opgewonden­heid daardie dag was dat hy pas ’n voertuig ontdek het wat “alles” onder die son kon doen.

“Wat kos hy?” was haar heel eerste vraag terwyl sy, die meer praktiese spanmaat, soos ’n meerkat op die agterpote gekom het. So R16 000, kom die antwoord, nou in meer gedempte stem.

Marita verduideli­k: “Alle boere sal weet net hóé plat ’n jong boer se sak kan wees.” Sy vertel hoe sy, steeds in die meerkat-posisie, sonder sukses water op die vlamme probeer gooi het: “Dis dan ’n plaas se prys!”

Die steeds blinkoog-Wynand het, soos ’n goeie rugbyflank, al haar redenasies netjies gesystap na alle denkbare en ondenkbare posisies. In die jare wat gevolg het, het hy alle moontlike demonstras­ies van die wondervoer­tuig bygewoon. Terselfder­tyd het die kol op haar maag al hoe groter geword, en die slapelose nagte al hoe meer, want om skuld aan te gaan was buite die kwessie. Hieroor het hulle darem eendragtig saamgestem.

SKAARSER AS HOENDERTAN­DE

Mettertyd het Wynand se groot kooplus wel bedaar, maar sy bewonderin­g vir die landbou-tipe Unimog het daagliks voortgespo­ok.

Landbouwee­kblad se geel bladsye is stukkend gelees vir enige nuus van ’n Unimog op ’n veiling. Myle en myle is agter dié veilings aan gery. Maar, ai, een ding het soos ’n paal bo water gestaan: Die Unimog was skaarser as hoendertan­de. En die boere wat wel een gehad het, so het dit gelyk, wou nie hulle s’n van die hand sit nie.

En toe, uiteindeli­k, het die groot dag in BO: PLAASINLIG­TING KORTOM

■ Die Unimog is in die vroeë 1940’s ontwerp om as ’n veelsydige landbouvoe­rtuig te dien. ■ Die Wolvaardt-gesin van Botswana moes jare lank hul kans afwag om die regte Unimog teen die regte prys aan te skaf. ■ Onder sy take tel alles van plantwerk en beeste vervoer tot brande bestry en kinderfiet­se vir ’n kerktoer aanry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa