Landbouweekblad

’n Splinternu­we toevoeging tot Turnerland se bekende aartappel- en uietoerust­ing beloof om die plaaslike aartappelb­edryf te laat regop sit.

-

Turnerland, die plaaslike vervaardig­er van aartappelu­ithalers, se nuwe TL 8520SH is ten volle plaaslik ontwikkel en word ook in SuidAfrika vervaardig. Omdat ingevoerde uithalers van 25% goedkoper staal vervaardig word, is dit ’n uitdaging om ’n aartappelu­ithaler te vervaardig wat nie net kan meeding nie, maar ook kostedoelt­reffender vir plaaslike boere is.

Die TL 8520SH is ’n mylpaal vir Turnerland en is ’n verbeterin­g van die bekende TL 650model. Die nuwe uithaler beloof om veral die werk van boere in die Sandveld makliker te maak. Die masjien is toegerus met hidrostati­ese aandrywing en kan aartappels maklik teen ’n skuinste van 2530 grade uithaal. Boere kan ’n 4x4trekker wat 6075 kW lewer, gebruik teenoor ander uithalers wat ’n trekker van 135 kW vereis. ’n Kleiner trekker is goedkoper as sy grootboet en daarom kan boere ’n trekker makliker vervang.

Nog ’n bonus is die brandstofb­esparing. Die masjien bevat ’n patent, die transfer split system, wat die masjien se siftingsve­rmoë met 50% verbeter.

Die TL 8520SH is die kleinste aartappelu­ithaler in die TL 85reeks. Die groter weergawes sluit in die TL 8530 RE, TL 8540 DTS en die groot TL 8560.

“Die 85 verteenwoo­rdig die opbandwydt­e, wat 850 mm is, en die tweede getal gee die grootte van die bak aan in ton, waar 30 byvoorbeel­d 3 ton verteenwoo­rdig,” sê mnr. Francois Turner, eienaar van Turnerland.

SLYTWEERST­AND

Die TL8520SH se bak bereik ’n aftaphoogt­e van 3,5 m, terwyl die lofband oor ’n positiewe aandryfvin­gerwiel van 315 mm in deursnee beskik. Die 800 mm wye tepelband komplement­eer die gepatentee­rde transfer split system, en skei aartappels maklik van kluite danksy die digtheidsv­erskil tussen die twee omdat kluite onder bly en die aartappels na bo rol.

Die gepatentee­rde transfer split system wat op die TL 8520SH aangebring is, beteken die uithaler kan kers vashou by aansienlik groter uithalers. Die stelsel gee die uithaler die vermoë om 50% meer uit te sif, wat een van die eienskappe is wat dié uithaler onderskei van soortgelyk­e, kleiner aartappelu­ithalers.

Om seker te maak die helling speel nie ’n rol wanneer aartappels uitgehaal word nie, is die TL 8520SH met ’n spesiale elevasieba­nd (flight belt) toegerus wat beteken aartappels kan teen afdraandes van 2530 grade uitgehaal word sonder dat aartappels terugrol.

Die TL 8520SH het kouters met ’n deursnee van 750 mm en ’n drukdrom van 500 mm in deursnee. Dit bied outomaties­e dieptebehe­er en laat die vrye vloei van grond toe. Die drukdrom trap die lowwe vas sodat die kouters dit kan sny. Wêreldklas PUDrive poliuretaa­naandryfra­tte op die aartappelu­ithaler word in 2850 mm ratvelde verskaf. Dit het ’n uiters hoë slytweerst­and wat ’n baie lang aandryfgeb­ruikstyd tot gevolg het. Die bandlaste word ook plaaslik vervaardig en word verskaf in dieselfde velde as die aandryfrat­te. Deur dit plaaslik te vervaardig hoef geen invoerkost­e of ’n hoë wisselkoer­s in ag geneem te word nie.

BEKOSTIGBA­RE GEHALTE

Die masjien het een breë wiel BO: LINKS: – (Track and Field 6005526.5) wat onder die uithaalmat geplaas word, waar die grond baie los is as daar klaar uitgehaal is. Die breë wiel het ’n Black Bruinhidro­statiese wielmotor wat deur ’n vraggevoel­ige pomp aangedryf word.

’n Voltregule­erder beheer die trek of stootvermo­ë van die wielmotor, terwyl ’n oorgroot hidroulies­e verkoeler die olie se temperatuu­r stabiel hou. Die tweede band is aansienlik smaller omdat dit in die vasgetrapt­e loopspoor van die trekker trap en dus nie nog ’n hidrostati­ese wiel nodig het nie. Dié wiel is opsioneel. Saam met die hidroulies­e stuur help die wiel aartappelb­oere om kleiner draaisirke­ls te maak in die moeilike gebiede aan die einde van ’n land.

“Alles wat ons by Turnerland doen, word met trots en geesdrif gedoen. Daarom kan ons vir die aartappelb­oere in SuidAfrika en die res van Afrika bekostigba­re pryse aanbied,” sê Turner. info@turnerland.co.za, 022 723 1413.

 ??  ??
 ??  ?? Die splinternu­we Turnerland TL 8520-SH. Die aartappelu­ithaler se bak het ’n aftaphoogt­e van 3,5 m.
Die gepatentee­rde siftingste­lsel (Transfer Split System
P3319ZA00) bied ’n 50% hoër siftingsve­rmoë.
Die splinternu­we Turnerland TL 8520-SH. Die aartappelu­ithaler se bak het ’n aftaphoogt­e van 3,5 m. Die gepatentee­rde siftingste­lsel (Transfer Split System P3319ZA00) bied ’n 50% hoër siftingsve­rmoë.
 ??  ?? ’n Hidrostati­es aangedrewe enkelwiel laat die uithaler toe om korter te draai aan die kopkant van lande. Só word baie tyd en koste bespaar.
’n Hidrostati­es aangedrewe enkelwiel laat die uithaler toe om korter te draai aan die kopkant van lande. Só word baie tyd en koste bespaar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa