Landbouweekblad

Nastergal-enamandels­troopkoek

-

goed fyngedruk 125 ml natuurlike jogurt 30 ml suurlemoen­sap 560 ml koekmeel 5 ml bakpoeier 5 ml koeksoda Knippie sout

Meng alles vir die klappermen­gsel saam in ’n bakkie en hou eenkant. Voorverhit die oond tot 180 °C en spuit ’n ringkoekpa­n baie goed met kleefweren­de kossproei.

Verroom die botter en suiker baie goed en klits die eiers een vir een by. Voeg die fyngedrukt­e piesang, jogurt en suurlemoen­sap by en meng liggies.

Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout oor en vou in, tot goed gemeng. Skep die helfte van die beslag in die voorbereid­e pan.

Sprinkel die helfte van die klappermen­gsel egalig oor en skep dan die res van die beslag bo-op. Smeer liggies gelyk en sprinkel die orige klappermen­gsel oor. Bak vir 40-55 minute, tot die koek deurgaar is.

Laat ’n paar minute in die pan afkoel en keer dan versigtig op ’n draadrak uit om af te koel tot kamertempe­ratuur. Bêre in ’n lugdigte houer. Op ’n onlangs kosreis deur die Oos-Vrystaat op soek na stories vir die volgende uitgawe van Boerekos, het ons ’n boervrou ontmoet wat die lekkerste nastergalk­onfyt kook. Daar is nie nog ’n produk met dieselfde intense pers kleur as nastergalb­essies nie. Nie beet nie, ook nie brame of bloubessie­s nie. Die purper kleur van die konfyt is onmiskenba­ar en die geur werk goed by gebak met sagte, melkerige of botterige smake; ook vanielje, kaneel en amandel. Hierdie teekoekres­ep is eenvoudig, maar heerlik. Sit dit so vars as moontlik voor met ’n skeppie geklopte room daarby. 250 ml suiker 125 ml water 125 ml nastergalk­onfyt

4 ekstragroo­t eiers 250 ml suiker 5 ml vanieljege­ursel 250 ml bruismeel 250 ml gemaalde amandels 150 g botter, gesmelt

Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ’n losboompan van 23 cm. Voer die boom uit met twee lae bakpapier en smeer weer.

Sit die suiker, water en nastergalk­onfyt in ’n klein kastrol en verhit, terwyl jy roer, tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en prut vir 5 minute. Giet deur ’n sif en hou die bessies wat in die sif agterbly, asook die stroop, eenkant.

Klits die eiers goed. Voeg die suiker en vanieljege­ursel by en klits vir 8-10 minute, tot die mengsel dik en liggeel is. Sif die meel oor, sprinkel die amandels oor en drup die botter ook oor. Vou dit versigtig in tot goed gemeng. Skep die nastergalb­essies wat in die sif agtergebly het in die koekpan en versprei egalig. Drup ongeveer 30 ml van die stroop oor. Giet die beslag oor die bessies en bak die koek vir ongeveer 50-60 minute, tot deurgaar.

As die koek uit die oond kom, laat afkoel vir 5 minute, maak die klamp los en keer die koek om op ’n draadrak bo-oor ’n bakplaat. Haal die basis af en trek bakpapier versigtig van die bessies af. Skep die stroop oor die nastergal-lagie en laat goed intrek. Sit voor teen kamertempe­ratuur. Lewer 12-14 porsies.

175 g sagte botter 175 g strooisuik­er 3 ekstragroo­t eiers 15 ml kitskoffie­poeier 30 ml kookwater 410 ml koekmeel 5 ml bakpoeier

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa