Landbouweekblad

NOU OP DIE

-

Druk die krummelkor­s egalig op die boom en teen die kante van die gesmeerde pan vas. Sit die pan op ’n bakplaat (dit verhoed dat botter wat uit die kors drup, sal brand of rook in die oond.) Bak die kors vir 5-7 minute. Haal uit die oond en verlaag die oondtemper­atuur tot 140 °C. Was die voedselver­werker en droog goed af.

Sit die roomkaas, room, suurlemoen­sap, kondensmel­k, eiers, eiergele, vanieljege­ursel en koekmeel in die skoon voedselver­werker en pols tot goed gemeng en glad. Giet die kaaskoekme­ngsel in die voorbereid­e kors. Sprinkel die stukkies nougat bo-op. Druk party van die stukkies nougat met ’n peuselstok­kie ’n bietjie dieper in die mengsel. Bak vir ongeveer 1 uur, of tot die kaaskoek ferm aan die buitekante, maar nog effens sag aan die binnekant is as jy teen die pan tik.

Skakel die oond af en maak die oonddeur op ’n dun skrefie oop. Laat die koek vir 1 uur in die oond afkoel. Klits die roomkaas, room, versiersui­ker en vanieljege­ursel vir die bolaag saam en smeer oor die koek. Verkoel tot benodig.

Sit die appelliefi­es in ’n pan en sprinkel die suiker en water oor. Verhit stadig tot kookpunt en prut tot die appelliefi­es oopgebars het en die stropie effens begin verdik. Laat afkoel en verkoel tot benodig.

Sit die kaaskoek teen kamertempe­ratuur voor met ’n skep van die appelliefi­estroop daarby. Lewer 16-20 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa