Landbouweekblad

Ralene van der Merwe het ’n geleenthei­d op haar dorp raakgesien en ’n vierster-gastehuis in ’n pekanneutb­oord op die oewer van die Oranjerivi­er geopen.

-

Hoe het jy aan die idee vir ’n gastehuis gekom? Nadat ek weer vreeslik gesukkel het om verblyf te reël vir ’n sakevennoo­t van my man, David, het ek besef daar is ’n ernstige tekort aan goeie, luukseverb­lyf op Upington. Net daar het ek besluit om ons ou plaashuis, wat in die 1960’s gebou is, te omskep in ’n gastehuis, Pecanwood Manor. Ek en David het sewe jaar gelede uit die huis getrek om op ons wynplaas te gaan woon en ek het die ou huis aanvanklik verhuur. Ek en my vennoot, Pieter Roos, het later self die huis opgeknap.

Hoe groot is die gastehuis? Die gastehuis het agt luukse slaapkamer­s met hul eie badkamers. Dis ook die ideale lokaal vir konferensi­es en troues.

Hoe bemark jy die gastehuis? Ek glo aan die krag van word of mouth-bemarking. Ons was omtrent vol bespreek vanaf die tweede week nadat dit oopgemaak het en dis uit en uit deur te vertel, te gesels en mense opgewonde maak oor wat ons bied. Ek glo ook die internet en sosiale media speel ’n groot rol in bemarking. Dis vinnig en beïnvloed mense se keuses.

Hoeveel mense werk vir jou? Ons het drie werknemers. Dis ’n wonderlike span, maar almal wat hier aansoek doen, het min of geen kennis van die gasvryheid­sbedryf. Dis vir my lekker om moeite te doen met my werknemers, om hulle te leer en die nodige opleiding te gee. Dis wonderlik hoe elkeen in hul spesifieke rolle ontwikkel. Ek gebruik Tall Trees-persoonlik­heidsprofi­ele om uit te vind presies hoe ek met ’n spesifieke werknemer moet kommunikee­r om seker te maak hy of sy is tevrede en produktief. Dit werk soos ’n bom!

Wat maak jou suksesvol? Passie vir my werk en om pret met alles te hê. Jy moet jouself deurgaans re-invent en nie te veel na jou mededinger­s kyk nie.

Wat het jou grootste mislukking jou geleer? Daar is ’n les uit absoluut alles in die lewe te leer. Maak seker jy groei en leer uit die mislukking­s sodat jy nie dieselfde foute weer maak omdat jy te hardkoppig is om die mislukking te erken nie. Vandag se mislukking is baie maal die leerskool vir môre se sukses.

Wat is die swakste raad wat jy nog gekry het? Rig jouself in dat jy enige tyd kan emigreer. Dis verskrikli­k om sonder ’n droom en hoop vir die toekoms te leef. Ek rig myself eerder so in dat ek gelukkig is, my gesin kan bystaan en my lewensdoel kan vervul. 082 898 4720; www.pecanwoodm­anor.co.za. Is jy ’n vrou met jou eie ondernemin­g op die plaas of die platteland of ken jy ’n dinamiese vrou wat dit doen? Ons wil graag hoor van jou sukses. Stuur e-pos aan Lucille Botha by lbotha@landbou.com om ons van jou ondernemin­g te vertel.

‘Vandag se mislukking is baie maal die leerskool vir môre se sukses.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa