Landbouweekblad

Die susters van die Melk en Heuning-padstal glo ’n haastige motoris hoef nie sleg óf duur te eet nie.

-

Op soek na die beste koppie boeretroos op die N10 tussen Cradock en die Baai? Kyk dan niks verder nie as Golden Valley waar egte Italiaanse LavAzza by die Melk en Heuning-padstal jou sal opkikker voordat jy weer die pad aandurf. Maar daar is meer. Sewe geure heerlike melkskomme­ls, ’n groot verskeiden­heid ystee en rooi espresso’s én die persoonlik­e diens van die vriendelik­e eienaars, die susters Alet van der Merwe en Janette Triegaardt.

Komende van die omgewing het hulle drie jaar gelede ’n ooreenkoms met Die Kooperasie van Humansdorp aangegaan om die padstal en koffiehuis te huur nadat die maatskappy sy tak op Golden Valley opgeknap het. “Ons het gou agtergekom die aroma van ’n vars koppie koffie en pasteitjie­s wat pas uit die oond kom, lok baie reisigers wat brandstof ingooi,” sê Alet. sluit om die spyskaart eenvoudig te hou, want elke bestelling word vars gemaak. En, vertel Alet, dit is hul doelwit om vars versnaperi­nge teen bekostigba­re pryse aan te bied.

“Mense wat wegry, veral gesinne, moet voel dit was ’n winskoop en dat hulle ons weer sal besoek. Die grootste kompliment is wanneer klante vir ons vertel hulle het nóóit verwag om in die ‘middel van nêrens’ sulke lekker koffie en roosterkoe­k te proe nie.”

Op die spyskaart is daar onder meer quiche en slaai (R40), geroosterd­e toebroodji­es vanaf R18 tot R28, jafels (R23) en roosterkoe­k met konfyt (R12) of ’n boerie (R30).

Waar moontlik probeer hulle die gemeenskap ondersteun deur plaaslike tuisgebak, konfyt en geskenke op hul rakke aan te hou. Tydens Landbouwee­kblad se besoek het hulle pas die Golden Valley-hotel wat in 1926 opgerig is, gekoop. Hulle beoog om dit in ’n gastehuis met agt kamers te omskep.

Alet sê die keuse van die naam “Melk en Heuning” het ’n Bybelse konnotasie. “Ons het daarop besluit omdat die omgewing ons aan die beloofde land van Kanaän herinner.”

Die padstal is weeksdae van 08:00 tot 17:00 en Saterdae van 09:00 tot 14:00 oop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa