Landbouweekblad

Een of ander tyd moet almal besluit of ons ’n bepaalde sprong gaan waag.

-

Tyd gelede was daar ’n kort nuusberigg­ie in een van die plaaslike koerante – ’n berig wat my op ’n manier aangegryp het. In dié berig word vertel van tagtigjari­ge ouma wat die begeerte gehad het om ’n valskermsp­rong te doen.

’n Mens sou dink sy’s stellig nie meer aanspreekl­ik vir haar vreemde begeertes nie, maar tog was dit nie so nie. Sy het presies geweet wat sy as ’n soort laaste toegif van die lewe wou hê. Haar kinders het blykbaar ingestem dat dit mag gebeur en die geleenthei­d is gereël. Ten aanskou van ’n klompie belangstel­lendes is die sakie afgehandel. Toe sy en haar instrukteu­r weer saam op moeder aarde land, het ’n spontane applous opgeklink.

Toe ’n verslaggew­er haar vra hoe sy die uitvluggie ervaar het en of sy nie bietjie beangs was nie, het sy glimlaggen­d geantwoord: “Dit was heerlik en, ja, ek was ’n bietjie bang, maar net voor die sprong het die instrukteu­r, aan wie ek gekoppel was, my gerus gestel met die woorde: ‘Mevrou, hou net styf aan my vas. Verder hoef jy niks te doen nie. Alles sal oukei wees.’ En, soos die instrukteu­r gesê het, só het dit gebeur.”

Hierdie berig het my aangegryp as ’n treffende voorbeeld wat op alle kinders van die Here toepassing het. Dis nie die ouma se dapperheid wat my die meeste getref het nie, maar haar vertroue in die instrukteu­r se woorde. Die lewe is beslis nie ’n kommervrye glybaan nie. Een of ander tyd moet almal besluit of ons ’n bepaalde sprong gaan waag. Soms hoef jy nie eens te besluit nie, jy word daarin gedwing.

Onthou jy nog daardie moeilike operasie? Dit was so ’n diepgrypen­de besluit. Doen jy dit nie, kan jy verseker ernstige probleme verwag. Doen jy dit wel, kan jou lewe verkort word – of dit kan wel jou lewe en die gehalte daarvan verleng. Jy het toe besluit om dit wel te ondergaan, maar eers nadat jy in die geloof vasgegespe het aan die groot “Instrukteu­r”.

Dis presies wat die Bybelse koning Dawid gedoen het toe hy gesê het: “Die dag as ek bang word, vertrou ek net op U” (Ps. 56:4).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa