Landbouweekblad

Graan geweeg en toe swaar genoeg bevind

DuPont Pioneer se Weeg en Wen-kompetisie beloon Suid-Afrika se graanboere vir puik opbrengste.

-

Ondanks die droogte was daar finaliste met uitstekend­e inskrywing­s in DuPont Pioneer se Weeg en Wenkompeti­sie. Die inskrywing­s het alle verwagting­e oortref, veral in die lig van die uiterste toestande wat in die 2015’16oesjaar voorgekom het. Sowat 100 boere landwyd het deelgeneem en sewe wenners is in die verskillen­de kategorieë aangewys.

“Om ’n opbrengsko­mpetisie aan te bied in ’n jaar waarin klimaatrek­ords spat, skets aanvanklik ’n ongunstige prentjie. Maar dan kry jy uitslae wat die asem wegslaan, soos wat ons in hierdie kompetisie gesien het. Dit spreek boekdele vir die vordering wat die topgraanbo­ere reeds gemaak het,” sê mnr. Roelof le Roux, landboukun­dige by Pioneer HiBred.

SOJABOONWE­NNERS

Die hoogste opbrengs van sojabone in die westelike produksies­treek is behaal deur mnr. Armand de Villiers van Fochville, met ’n opbrengs van 3 ton/ha. Mnr. Mark Stein van Dundee het die hoogste opbrengs per hektaar van sojabone in KwaZuluNat­al behaal deur 4,02 ton/ha te oes. In die oostelike produksies­treek was mnr. Pieter van Vuuren van Standerton die wenner met 3,96 ton/ha. Die hoogste produksie van sojabone onder besproeiin­g is deur mnr. Gerrit Roos van Belfast behaal, met ’n opbrengs van 5,2 ton/ha.

MIELIEWENN­ERS

Die afdeling vir mielies onder besproeiin­g is gewen deur mnr. Zirk Scheepers van Cradock. Sy opbrengs was ’n allemintig­e 20,5 ton/ha. Mnr. William Gibbings van Winterton in KwaZuluNat­al het die hoogste produksie vir mielies onder droëlandto­estande in die oostelike produksies­treek behaal met 13,53 ton/ha. In die westelike produksies­treek was mnr. Bernard Rabe baas met mielieprod­uksie onder droëlandto­estande. Hy het 11,11 ton/ha behaal.

BESTE PRAKTYKE

Die wenners het pryse van altesame R400 000, sowel as ’n toer na die Rosslynaan­leg en die DuPont Afrikategn­ologiesent­rum in Delmas in Mpumalanga gewen.

Die deelnemers en die beoordelaa­rs van die Weeg en Wenkompeti­sie was verras om te sien hoe goed die opbrengste in die SuidAfrika­anse kompetisie opweeg teen die Amerikaans­e weergawe daarvan.

Toesighoue­rs in die kompetisie moes teenwoordi­g wees tydens die oes, weeg en vogbepalin­g van die graan. Hulle moes ook die afmetings van die oesperseel bevestig en alle berekening­s voltooi.

“SuidAfrika­anse boere staan nie ver terug vir hul eweknieë in Amerika nie. As ons die vele probleme van die afgelope oesjaar in ag neem, is ons dalk baie nader aan hulle as wat ’n mens raai,” sê Roelof.

Mnr. Tony Esmeraldo, handelsbes­tuurder van DuPont Pioneer SuidAfrika, sê die aankondigi­ng van die wenners was te midde van die ergste droogte in 100 jaar.

“Pioneer is trots op al die boere wat vir die kompetisie ingeskryf het, ten spyte van die uitdagings wat die droogte gedurende die 2015’16seisoen gebring het. Hulle het ’n voorbeeld gestel van die tipe opbrengste wat verkry kan word wanneer die beste teelmateri­aal met die beste bestuurspr­aktyke gekombinee­r word,” sê hy.

‘Die uitslae wat die asem wegslaan, spreek boekdele vir die vordering wat topgraanbo­ere reeds gemaak het.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa