Landbouweekblad

’n Inisiatief van die SA Brouerye het daartoe gelei dat ’n boer van Caledon as Volhoubare Garsboer van die Jaar aangewys is.

-

Die gidsprojek van die Suid-Afrikaanse Brouerye se “beter gars, beter bier”-inisiatief is met soveel welslae deur mnr. Josias le Roux van Langhoogte-plase by Caledon in die Wes-Kaap aangepak dat hy onlangs as nasionale Volhoubare Garsboer van die Jaar aangewys is.

Josias bedryf ’n gemengde boerdery met koring, gars, kanola, hawer, lupiene, lusern en Dohne-Merino’s. Hoewel sy graanverta­kking nie tot stilstand gaan kom as hy sou ophou om gars te verbou nie, sê hy gars is dikwels sy winsgewend­ste gewas. Daarsonder sal sy inkomste en die veevertakk­ing beslis ’n knou kry.

Sukses met gars word grootliks bepaal deur die topkultiva­rs wat deesdae beskikbaar is, sê Josias. “Iemand wat nog met ou kultivars sukkel, verloor 15-20% van die opbrengs net as gevolg van die kultivar.”

Ander raad vir suksesvoll­e garsproduk­sie is om grondregst­ellings vroegtydig te doen en voorkomend te spuit.

Toe die destydse Suid-Afrikaanse Brouerye met die samewerkin­g van die Wêreldnatu­urfonds (WWF) in 2014 die “beter gars, beter bier”-inisiatief bekend gestel het, het Josias sonder skroom ingestem om aan die gidsprojek deel te neem. Hy en sy vrou, Fredine, het ingestem omdat hulle glo dis in hul eie én die bedryf se belang.

“As jy nie deel is van die projek nie, en nie ingelig is nie, kan jy belangrike goed laat deurglip,” sê Josias.

Die vereistes kan volgens hom in die toekoms strenger word en op alle garsboere afgedwing word, of selfs minimum residuvlak­ke van landbouche­miese middels insluit. Hulle het ook deelgeneem omdat hulle glo garsproduk­sie moenie net oor die grootte van die oes en die gehalte daarvan gaan nie. Hy sê sy sukses is te danke daaraan dat hy elke dag ’n klomp klein goed- jies reg en goed doen.

“Moenie iets wat gedoen moet word, uitstel nie. Dit is belangrik om te beplan en jou planne op die regte tyd uit te voer (of jy nou lus is daarvoor of nie) en só later groot probleme uit te skakel,” sê Josias.

 ??  ??
 ?? FOTO: ARGIEF ?? Mnr. Josias le Roux is vanjaar as die Volhoubare Garsboer van die Jaar aangewys.
FOTO: ARGIEF Mnr. Josias le Roux is vanjaar as die Volhoubare Garsboer van die Jaar aangewys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa