Landbouweekblad

Die sukses wat Agritech Expo reeds met landbousko­ue behaal het, het hom oortuig om uit te brei na Arusha, die sleutellan­dboustreek van Tanzanië.

- Tel.

Die eerste en enigste buitenshui­se landbousko­u in Tanzanië wat spesifiek daarop gemik is om maatskappy­e bymekaar te bring, word in Januarie aangebied.

Me. Yolanda dos Santos, direkteur van Agritech Expo Tanzania, sê die ekonomiese groei in die Tanzaniese landboubed­ryf het die behoefte geskep aan ’n geleenthei­d waar verskaffer­s, boerderye van alle groottes en belanghebb­endes in die landbouwaa­rdeketting op ’n profes- sionele vlak kan bymekaarko­m.

“Met die samewerkin­g van die Landbouraa­d van Tanzanië en die Tanzaniese Tuinboukun­dige Vereniging, ons gasheerven­note, is ons trots om Agritech Expo Tanzania by die Selian-landbounav­orsingsins­tituut in Arusha aan te bied.

“Agritech Expo Tanzania het voortgevlo­ei uit die landboubes­igheidskon­gres wat die afgelope drie jaar in Dar es Salaam aangebied is. Nadat met die bedryf oorleg gepleeg is, is besluit om nader aan die landbougem­een-

skap in Arusha te beweeg met die vestiging van die eerste en enigste buitenshui­se landbousko­u waar maatskappy­e by mekaar kan uitkom.

“Die geleenthei­d voorsien in die volle spektrum van behoeftes van die landbouwaa­rdeketting, van gewasproew­e in tonnels, opleiding en werksessie­s vir kommersiël­e boere tot profession­ele konsultasi­es en geleenthed­e om te netwerk.”

Die skou bied iets aan alle boere – van kommersiël­e tot opkomende en kleinboere. Dit word egter ook bygewoon deur sleutelamp­tenare van streeksreg­erings, landbouver­enigings, nieregerin­gsorganisa­sies, hulp-, ontwikkeli­ngs- en navorsings­agentskapp­e, maatskappy­e wat in landboupro­dukte handel dryf, insetversk­affers, konsultant­e en kenners, asook verskaffer­s van ontwikkeli­ngskapitaa­l, beleggers en bankiers.

SUKSESVERH­AAL

In April vanjaar is Agritech Expo Zambia die derde keer in Chisamba aangebied. Die driedaagse ekspo het hom gevestig as die grootste buitenshui­se landbougel­eentheid in die streek met ’n rekordgeta­l van 17 605 besoekers en 160 uitstaller­s op ’n uitstalrui­mte van 70 000 m2. Duitsland en Zimbabwe het paviljoene gehad, dit is bygewoon

deur die ministers van landbou van Zambië en die Tsjeggiese Republiek en die amptelike opening is behartig deur pres. Edgar Lungu van Zambië.

In Tanzanië is die landboubed­ryf geesdrifti­g oor die vooruitsig van die eerste Agritech Expo in die land. Vooraansta­ande verskaffer­s aan die landboubed­ryf wat reeds hul betrokkenh­eid by die ekspo bevestig het, is Hughes-motors, Lonagro, Rivulis, Irrico, HortiPro, CMC Automobile­s, Maji, FNB, Neptun, AMDT, John Deere, Massey Ferguson, Rijk Zwaan en Kibo.

Mnr. Kevin Lesser, oorhoofse bemarkings­direkteur van John Deere in Kenia, sê John Deere is as uitstaller betrokke by Agritech Expo sedert die eerste een drie jaar gelede aangebied is.

“Ons is ingenome met die vordering wat die organiseer­ders maak om die geleenthei­d te laat groei. Hulle bereik almal wat ’n belang by die landbou het – van die regering tot kleinboere. Ons ondersteun die rigting wat beoog word vir die geleenthei­d in Tanzanië. Ons sien uit na die geleenthei­d volgende jaar.” melissa.bender@ spintellig­ent.com; 021 700 3593.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa