Landbouweekblad

BEESVLEISP­RYSE VERSTERK

- — JOHAN NORVAL

Die swak rand, dalende slagsyfers en gunstige weer steun die prys van plaaslike beesvleis. Op internasio­nale vlak word hoër beesvleisp­ryse tot einde vanjaar voorspel, volgens Absa se oorsig van landbounei­gings.

Beesvleisp­ryse het in die week van 22 November versterk teenoor die vorige week. Pryse sal na verwagting meer steun kry weens die verwagte hoër vraag in die komende feestyd.

Die voorspelde Absa-beesvleisp­ryse is soos volg: Klas A is 0,16% hoër op R37,80/kg en klas C is 0,21% hoër op R32,95/ kg. Die speenkalfp­rys was gemiddeld 0,48% hoër op R20,95/kg.

Die prys van huide in die betrokke week was 0,31% laer (R15,24/kg) vir ’n groen huid. Dié pryse was in ooreenstem­ming met die swakker rand op 1,19%. Dié neiging kan voortduur om ’n uitwerking op die prys van velle te hê. Huidpryse word bepaal deur die gemiddelde pryse van die Rooivleisa­battoir-vereniging en onafhankli­ke maatskappy­e saam te bereken.

Ander faktore wat vleispryse volgens die Absa-oorsig sal ondersteun, is die verkope teen die einde van die maand en die gunstige weer.

Absa verwag ook dat verbruiker­sdruk die vraag na veeprodukt­e kan benadeel, veral as pryse hoog is. Veepryse sal na verwagting steeds ondersteun word namate die onlangse reën weiding laat verbeter.

Volgende jaar kan ’n sterker rand en ’n verbeterin­g in voerprysvl­akke moontlik druk op pryse plaas.

 ??  ?? INTERNASIO­NAAL:
INTERNASIO­NAAL:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa