Landbouweekblad

DIÉ WEEK IN DIE LANDBOU

- Die broer van ’n direkteur van die Noordwes-koöperasie (NWK) was teen druktyd in ’n kritieke toestand in

WORD ’N RESERVIS

Agri SA doen ’n beroep op sy lede om polisieres­erviste te word nadat lt. genl. Kgomotso Phahlane, die waarnemend­e nasionale polisiekom­missaris, onlangs aangekondi­g het dat al nege provinsies kan voortgaan met die werwing van reserviste om die polisie by te staan met misdaadvoo­rkoming en ondersoek. Mnr. Kobus Breytenbac­h, voorsitter van Agri SA se landelike beveiligin­gskomitee, sê die boerderyge­meenskap moet die reserviste­skema én sektorpoli­siëring ondersteun, en ook dié inisiatiew­e bystaan met plaaswagte.

WREDE AANVALLE

’n hospitaal op Klerksdorp nadat vier aanvallers hom Dinsdagaan­d 6 Desember meer as 50 keer met messe gesteek het. Mnr. Johan van Niekerk, broer van mnr. Chris van Niekerk van NWK, is volgens mnr. André Pienaar, die plaaslike veiligheid­skoördinee­rder, oorval toe hy van sy buurman teruggekee­r het. Die volgende oggend om halfsewe is me. Petro Jacobs, wat ’n gastehuis op ’n plaas in die omgewing bedryf, aangerand en met ’n mes gesteek. ’n Tuinwerker is ook beseer toe hy haar wou beskerm. Johan en Christo van Niekerk is albei verlede jaar vereer met ’n eerbewys van NWK vir hul bystand aan opkomende melkboere. Pienaar sê die gemeenskap staan saam om die slagoffers te ondersteun. Lees meer op Landbou.com.

SILO’S VIR MACLEAR

Mielieboer­e in die MaclearUgi­e-omgewing sal reeds teen die volgende jaar se oestyd hul mielies by BKB se nuwe silo’s op Maclear in die Oos-Kaap kan lewer. Die silo’s sal 4 500 ton mielies kan hou, en verteenwoo­rdig ’n belegging van R7 miljoen. “Mielieboer­e in die Maclear-omgewing se naaste silo-leweringsp­unt is tans sowat 75 km ver, in Elliot,” sê mnr. André du Toit, BKB se hoofbestuu­rder van handel. “Die BKB-silo’s in Maclear kan hulle dus tyd en koste spaar. Verder het BKB mielies nodig wat in sy handelstak­ke verkoop word, en waar moontlik wil ons graag ons kliënte die geleenthei­d gee om hierdie regstreeks vir ons te produseer,” sê hy. Daar is tans rondom 25 mielieprod­usente in die omgewing.

NUWE KAMERADE

Die vakverbond Solidarite­it en die Transvaals­e Landbou-Unie van Suid-Afrika het verlede week ’n ooreenkoms gesluit ten einde doeltreffe­nder saam te werk oor sake wat albei organisasi­es se lede raak. Hulle sê in ’n gesamentli­ke verklaring daar is oorvleueli­ng tussen die werksaamhe­de van die TLU SA en organisasi­es binne Solidarite­it. Hulle deel ook sienings oor nasionale kwessies, soos eiendomsre­g, omgewingsa­ke en die agteruitga­ng van munisipale dienste in die meeste dorpe op die platteland. Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuu­rder van die TLU SA, sê sulke ooreenkoms­te is “van kardinale belang om vooruitgan­g in Suid-Afrika te verseker”. Solidarite­it het reeds ’n samewerkin­gsooreenko­ms met Agri SA gesluit.

CLOVER SPRUIT UIT

Diegenotee­rdesuiwelm­aatskappy Cloverseaf­delingviro­ngepasteur­iseerdemel­kgaanvanaf­1Januariea­s ’nnuwemaats­kappy,DairyFarme­rs ofSouthAfr­ica(Edms.)Bpk(DFSA), sakedoen.In’nkennisgew­ingaan aandeelhou­erssêClove­rDFSAsal syvoorkeur­verskaffer­wordvirall­e ongepasteu­riseerdeme­lk,ensalook laemarge-produkte,soosvarsme­lk, langleweme­lkenultra-gepasteuri­seerdemelk,regstreeks­aandiehand­el enverbruik­ersbemark.Cloversal steedssteu­ndienste,soosinsame­ling, opberging,verspreidi­ngenkleinh­andelbepla­nning, behartig. Clover sê die doel van die herstruktu­rering is om produkte met hoër marges in suiwelen verwante produkte te ontwikkel en blootstell­ing aan die sikliese aard van sy laemarge-besigheid met ongepasteu­riseerde melk uit te skakel.

BEET-REËNBOOG

Klein Karoo Saad het op sy groenteboe­redag in Brits ’n nuwe witbeetkul­tivar, Avalanche (onder), bekend gestel, ná die sukses van die geelbeetku­ltivar, Boldor, wat verlede jaar bekend gestel is. ’n Nuwe rooibeetku­ltivar, Boro, is ook bekend gestel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa