Wes-Kaap takel nuwe klimaat
Die Wes-Kaap was die eerste provinsie wat ’n klimaatsveranderingsraamwerk vir die landbou bekend gestel het.
Na verwagting sal klimaatsverandering toenemend moeilike toestande vir boere skep. Daarom het die Wes-Kaapse bedryf
Beplanning vir klimaatsverandering deur klimaatsmoniteringstelsels, weervoorspelling en klimaatsveranderingsprojeksies en die vermindering en bestuur van ramprisiko’s; Grond- en waterbestuur deur verbeterde tegnologie en bestuur, die uitroei van indringerplante en die rehabilitasie van vleie; Gewasbestuur deur hitte- en droogtebestande kultivars te ontwikkel, geïntegreerde plaag-, siekte- en onkruidbestuur en nuwe produksiegebiede; Lewendehawebestuur deur teling, raskeuse en plaag- en siektebekamping; Boerderystelsels (diversifikasie, organiese produksie of gemengde boerderye). Die SmartAgri-projek toon dat die impak van klimaatsverandering nie oral dieselfde gaan wees nie, maar dit sal afhang van onder meer plaaslike boerderystelsels, waarmee geboer word en natuurlike hulpbronne.
In die koringbedryf word die toenemende toepassing van bewaringslandbou beskou as ’n doeltreffende aanpassing teen wisselvallige reënval. Vrugte- en wynboere gebruik ál meer die FruitLook-program om hul besproeiingsbestuur te verfyn en met minder water goeie oeste en gehalte te verkry. Melkbeeste is besonder kwesbaar vir hittestres. Daarom verskaf boere ekstra skaduwee en drinkwater en pas hulle hul weidingsbestuur aan.
Klimaatsverandering kan beteken dat sekere landbougebiede al hoe meer gemarginaliseer word weens wisselvallige reën en klimaatsuiterstes, maar ander streke – soos die Suid-Kaap – kan weer daarby baat vind, soos matige verwarming met stabiele of selfs verhoogde reënval.