Eendlewerpatee
Dié resep is eintik eenvoudig en kan net so maklik met hoenderlewers as met eendlewers gemaak word. Die eendlewer gee wel ’n luukse, romerige tekstuur en smaak aan hierdie happies. Dit voel sommer soos Kersfees. Bedien die patee op papierdun roosterbrood, afgerond met stukkies groenvyekonserf.
250 g botter 15 ml olyfolie 1 groot ui, gekap 500 g eendlewers 2 knoffelhuisies, gerasper 125 ml brandewyn 5 lourierblare 5 takkies tiemie, blaartjies afgestroop
Maak die helfte van die botter en die olyfolie in ’n swaarboompan warm en braai die ui daarin tot goudbruin. Voeg die eendlewers by en braai oor matige hitte tot ’n ligbruin kleur (omtrent 8-10 minute). Voeg die knoffel en brandewyn by en roer goed deur tot die brandewyn warm is. Steek dit aan die brand en flambé die lewers tot ál die alkohol weggebrand het. Strooi die lourierblare en tiemie oor en voeg die res van die botter by. Prut stadig oor matige hitte vir ongeveer 15-20 minute of tot die eendlewers lekker sag is. Skep die lourierblare uit. Laat afkoel. Plaas die lewers in ’n voedselverwerker en meng tot glad. Skep die patee in ’n bakkie uit en laat afkoel. Lewer 40 porsies.
15 ml botter 15 ml olyfolie 2 groot uie, gekap 2 knoffelhuisies, gerasper 1 klein, rooi brandrissie (opsioneel) 2 blikke (410 g elk) heel, geskilde tamaties 2 pakkies (50 g elk) tamatiepuree 250 ml goeie hoenderaftreksel 5 sakkies rooibostee 5 ml rookekstrak (opsioneel)
1 ontbeende lamsrib (800 g tot 1 kg) Sout en vars gemaalde swartpeper Hand vol wildevinkelblare, gekap 250 ml spekboomblare 2 uie, grof gekap 5 takkies roosmaryn