STAAT WIL 500 SWART UITVOERBOERE VESTIG
MNR. Mike Mlengana, die direkteur-generaal van Landbou, Bosbou en Visserye, wil toesien dat 500 swart kommersiële boere wat gehalteprodukte vir die uitvoermark lewer, oor die volgende drie jaar gevestig word.
Mlengana en sy span het in ’n voorlegging aan die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye gesê agt plase van swart kleinboere is reeds volgens die vereistes van die Suid-Afrikaanse Goeie Landboupraktyke gesertifiseer vir toegang tot uitvoermarkte. Bande is ook reeds gesmee vir ’n langtermyn-uitvoerverhouding met die Midde-Ooste.
“Mense sê altyd hulle wil by die boere koop, maar dan moet hulle produkte van gehalte verbou.”
Een van die lande wat die departe-
ment in sy visier het, is Koeweit, waarvoor ’n markprofiel vir landbou-uitvoer reeds in die tweede kwartaal van vanjaar saamgestel is. Koeweit het 10% van die wêreld se oliereserwes, maar beperkte landboubedrywe weens ’n tekort aan water en bewerkbare grond, wat hom afhanklik van die invoer van kosprodukte maak.
Mlengana sê hy benadruk gereeld by sy kollegas dat Suid-Afrika sy uitvoer na ander Afrikalande moet verhoog wanneer die plaaslike landbousektor ’n afname in groei ervaar. Hy meen ook dit maak sin vir Suid-Afrikaanse boere om in die winter produkte vir die Suid-Afrikaanse mark te produseer in Afrikalande wat op die ewenaar geleë is. Die departement het 109 boere in Suid-Afrika geïdentifiseer om deel te neem aan sy pluimveeskema om produktiwiteit te verbeter. Mlengana glo skemas soos dié kan kleinboere voorberei om op kommersiële vlak te produseer. Hy glo markte, soos hotelle, waar eiers elke oggend vir ontbyt voorgesit word, kan volhoubare groei vir die bedryf verseker.
–
’n magdom kommersiële geleenthede ten opsigte van avokado’s en makadamias in die informele markte uitgelig.
Hy skat Suid-Afrika het nagenoeg 36 000 spaza-winkels is en ’n halfmiljoen smouse. Hy noem dit die “onsigbare markte” en beraam die handelswaarde daarvan op omtrent R10 miljard per jaar.
Hy het Parmalat gebruik as ’n voorbeeld van ’n maatskappy wat sy onderneming met byna R1 miljard laat groei het deur dié markte te ontgin.
Subtrop hoop dat daardie veldtog die weg sal baan vir ’n toename in die verskaffing van avokado’s en makadamias aan nuwe plaaslike markte. —