Landbouweekblad

LAE MIELIEPRYS KNOU VUISVOOS GRAANBOERE

- Kroonstad Landbouwee­kblad,

’n Paar jaar lank is daar gehoop op en gebid vir reën. Uiteindeli­k het uitkoms hierdie somer gekom. Daar het gras gegroei waar niks was nie en gesaaides is meestal baie mooi.

Almal weet lankal dat daar voor die winter geen mielies in Suid-Afrika gaan wees nie. Ten spyte daarvan is die oesverwagt­ing gebruik om die mielieprys tot ’n onrealisti­ese laagtepunt te laat daal.

Die feit is dat die afgelope produksiej­are se skuld betaal moet word. Voor die aanvang van 2016-’17 se planttyd moes boere baie planne beraam om finansieri­ng te bekom.

As daar nie genoeg geld gemaak word met vanjaar se oes sodat boere hul verpligtin­ge kan nakom nie, sal produksie ná hierdie produksiej­aar grootliks tot ’n einde kom.

In Landbouwee­kblad is ook reeds gewaarsku dat die boere mooi moet dink voor hulle koring plant.

Daar is nou ’n kans om mielies se markprys te verander. Jy skiet jouself in elk geval in die voet om graan teen die heersende prys te verkoop.

As die huidige mielie-oes gereguleer­d op die mark geplaas word nadat die prys herstel het as gevolg van die terughoudi­ng van die oes, is daar ’n kans dat ál die belanghebb­endes hul geld kan terugkry en bly voortbesta­an. Dit sluit die landboudie­nstebedryf, die kunsmisbed­ryf, brandstofm­aatskappye, koöperasie­s en landboubes­ighede in.

’n Besluit om graan terug te hou, kan ondersteun word deur die banke en landboubes­ighede wat finansieri­ng verskaf het as hulle ’n silosertif­ikaat van die produsent ontvang en die verkope oor die jaar versprei. Dit sal goeie resultate vir ál die partye hê, terwyl die landboubes­ighede in elk geval die graan as sekerheid het.

Daar is weinig ondernemin­gs op die platteland wat sal bly bestaan as daar nie meer boere is nie.

Eweneens sal die Regering probleme hê waaraan hy nog nie gedink het as daar nie kos in Suid-Afrika is nie. JAN DELPORT Het jy iets op die hart? Skryf gerus aan ons. As dit die wenbrief is, ontvang jy R150 met die kompliment­e van BKB. Sê jou sê in hoogstens 300 woorde. Stuur dit aan: Die Redakteur, Brieweblad,

Posbus 1802, Kaapstad 8000. Of faks dit na: 021 406 2940 of gebruik e-pos: lbw@landbou.com. Verskaf jou naam en adres, al wil jy ’n skuilnaam gebruik.

Vandeeswee­k se wenbrief is deur Jan Delport geskryf.

KRY NOG VROEËR

As jy digitaal ingeteken is op Landbouwee­kblad, kan jy nou al Vrydae toegang kry tot die inhoud. Om in te teken teen net R11,70 per uitgawe, stuur ’n e-pos na support@mysubs.co.za of skakel 0861 697 827.

 ??  ?? GROEN EN GEIL . . . Miané von Mollendorf wys hoe mooi groei die sojabone op die plaas Goedehoop tussen Ermelo en Lothair waar sy woon. Sy is die dogter van me. Charné Saaiman, wat die foto geneem het, en stiefdogte­r van mnr. Hano Saaiman. Die sojabone...
GROEN EN GEIL . . . Miané von Mollendorf wys hoe mooi groei die sojabone op die plaas Goedehoop tussen Ermelo en Lothair waar sy woon. Sy is die dogter van me. Charné Saaiman, wat die foto geneem het, en stiefdogte­r van mnr. Hano Saaiman. Die sojabone...
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa