Landbouweekblad

SINLOOS OM ESKOM NOU UIT TE DAAG

-

Die artikel “Eskom: Wanneer is genoeg genoeg?” (LBW ,8April 2016) het betrekking.

Die groot klagte is duidelik die heffings wat Eskom by boere se kragrekeni­ng voeg. Mnr. Ted Blom (’n energieken­ner wat voorheen as werknemer, kontrakteu­r en raadgewer by Eskom betrokke was en nou Outa adviseer) skimp in die rigting van hofsake.

Asseblief, menere, bly weg. Julle gaan meer aan hofkoste bestee as wat moontlike besparings oor die volgende 20 jaar kan inbring.

Mnr. Blom is duidelik nog jonk of hy vergeet geriefshal­we hoe Eskom die boerepoels­telsel in 1986 ingestel het. Ek het destyds manalleen probeer om sin in die boere se koppe te praat, maar die enigste gevolg was dat ek verwyt is dat ek in die pad van vooruitgan­g staan. As LBW ál my briewe oor dié saak moes publiseer, sou dit ’n baie dik uitgawe gewees het.

Net om die agtergrond te gee, van 1981 tot 1984 het LBW verskeie artikels gepublisee­r oor wind- en sonkrag wat uiters suksesvol op plase geïnstalle­er is om huistoeste­lle en klein stukke gereedskap te bedryf. Daar was selfs ’n artikel oor ’n klein waterturbi­ne.

En toe, op 4 Junie 1984 (nogal op my verjaarsda­g), verskyn die hoofbestuu­rder van Eskom op die destydse TV-program Verslag en sê die volgende: “Die probleem met sonenergie, soos die ontwikkeli­ng op dié tydstip is, is dat dit eintlik net geskik is waar ’n mens ’n behoefte het aan baie klein hoeveelhed­e elektrisit­eit. Dit is veral op afgeleë plekke ver in ’n woestyn, of iets van dié aard, en plekke wat ver verwyder is van ’n distrubisi­enetwerk van ’n elektrisit­eitsondern­eming.”

Vir my was dit ’n oorlogsver­klaring teen my ondernemin­g. Ek het tientalle briewe

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa