GELDMORS HOU ÁLMAL TERUG
’N KRIMPENDE staatsinkomste wat nie kan tred hou met vermorsing en korrupsie nie en ’n klem op die politiek pleks van die ekonomie is die grootste bekommernisse vir Suid-Afrika se kommersiële landbou ná mnr. Pravin Gordhan, Minister van Finansies, se begrotingsrede.
Mnr. Omri van Zyl, uitvoerende hoof van Agri SA, sê die staat het R30 miljard se belasting minder ingesamel as waarvoor begroot is. “Die R28 miljard bykomende belasting wat in die nuwe belastingjaar gehef word, stop eintlik maar net ’n gat toe.
ANDER SIENINGS:
Dit is ’n patroon wat hom waarskynlik sal herhaal.” Volgens hom is dit nie ’n oplossing om die ryk mense net meer te belas nie, want daardie belastingbetalers is in staat om hul lewens op ’n ander plek te gaan lei.
Hy is ook bekommerd dat niks radikaals gedoen word oor staatsondernemings se verliese nie. Wat die kommersiële landbou betref, sê hy daar is nie by die staat begrip vir die omvang van die bedryf se probleme nie. “Dit is die een bedryf wat werklik vinnig en doeltreffend werk kan skep, maar dit word nie GROEIKOERS ’n Mielie-oes van 12 miljoen ton dié seisoen kan die groeikoers verwerklik waarvoor mnr. Pravin Gordhan (foto) in sy Begroting hoop, sê mnr. Theo Venter, politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit. “Hy het aangedui dat die ekonomiese groeikoers verlede jaar net 0,5% was en dat dit vanjaar op 1,3% geprojekteer word. ’n Normale landboujaar kan dié verskil maak.” Die begrotingsoorsig maak die probleem van die Regering ook in die departemente van Landbou, Bosbou en Visserye en Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming baie duidelik. Dié departemente se salarisrekening beloop ’n enorme 44,9% van die totale begroting en sal met 6,8% toeneem. Saam getel beloop die salarisrekening en die koop van goedere en dienste 70% van die begroting, terwyl grondhervorming slegs 4,7% uitmaak, restitusie 12% en steun aan opkomende boere 14%.
OESVERSEKERING Mnr. Wessel Lemmer, landbou-ekonoom by Absa-Agribesigheid, het die Regering se beoogde betrokkenheid by oesversekering vir arm boere, soos genoem in die begrotingsoorsig, verwelkom. Hy sê boere het groot produksierisiko’s en dit duur sowat sewe jaar om daaroor te leer en doeltreffend te raak. Die Regering maak ’n groot belegging wanneer hy mense help om te begin boer. Daarom is dit goed as hy hulle ook sal help om nie ná die eerste ondersteun nie. Pleks van belastingaansporings om beleggings aan te moedig, word boere net meer belas.”
Hy beskou korrupsie, wanbesteding van staatsgeld en die vermorsing by staatsondernemings as groot probleme. “Die President sê daar was R2,5 miljard vir droogtehulp, maar ons het niks daarvan gesien nie. Daar moet tog verantwoording gedoen word oor hoe die geld dan bestee is.”
POLITIEK VS. EKONOMIE
Mnr. Louis Meintjes, voorsitter van die TLU SA, sê sy grootste enkele probleem met die Begroting is dat politieke doelwitte voorrang geniet en nie werklike ekonomiese doelwitte nie. “As ons werklik ekonomiese groei en suksesvolle transformasie wil sien, moet die Begroting geskoei wees op private eiendomsreg, die vrye mark en gesonde, ekonomiese beginsels.”
Hy sê wat die landbou betref, is daar net gepraat oor die besteding aan kleinboere en die opkomende landbou. “Dit is nie noodwendig verkeerd nie, maar waar is die besteding aan die kommersiële landbou wat die sleutel tot ons landbousukses hou? Daar word baie gepraat oor geld vir ontwikkelingsprojekte vir kleinboere, maar nooit word gemeet watter bydrae dit tot die ekonomie lewer nie.”
Meintjes sê daar is nie geld om grondhervorming te versnel soos die politici wil sien nie, en in dié konteks wek uitsprake van onteiening sonder vergoeding kommer. terugslag handdoek in te gooi nie. Mnr. Ernst Janovsky, hoof van Absa-Agribesigheid se sentrum vir uitnemendheid, sê sulke versekering is baie duur. Daarom is die Regering onwillig om dit op ’n breë grondslag te doen – soos in Amerika waar die staat 50% van kommersiële én nie-kommersiële boere se versekering betaal. Lemmer het gesê hoewel die brandstofbelasting verhoog word, sal boere steeds ’n rabat van 40% daarop kry asook ’n 100%-rabat op die heffing vir die Padongelukkefonds.
BESKERMING Mnr. Nico Groenewald, hoof van Agribesigheid by Standard Bank, sê staatsteun vir arbeidsintensiewe sektore, soos die landbou, moet in wetgewing weerspieël word wat die sektor beskerm en in staat stel om te groei. ’n Groter belegging in navorsing is ook nodig om plae, soos die herfskommandowurm, doeltreffender hok te slaan. Hy meen navorsing moet tot die voordeel van alle boere wees.