Landbouweekblad

Nog goeie reën voorspel, maar

- 0-10 MARLEEN SMITH

DAMVLAKKE SOOS OP 20 FEBRUARIE, TOTALE REËNVAL 1-21 FEBRUARIE 1 2 . . . SUID-AFRIKA se somerreëng­ebied kan in die laaste helfte van die somer ook natter as normaalweg wees.

Volgens die SA Weerdiens se jongste seisoensvo­oruitskoui­ng is die meeste plaaslike en internasio­nale voorspelli­ngsmodelle dit eens daaroor, hoewel dié voorspelli­ng se noukeurigh­eid volgens die wiskundige modelle 4 2 1 3 aan die lae kant is.

Warmer as normale temperatur­e word ook vir die hele land voorspel, hoewel ook met ’n redelik lae graad van sekerheid.

Dít kom terwyl die groot vraag op almal se lippe is of Suid-Afrika se somerreëng­ebied te midde van milde reënneersl­ae op die vooraand van ’n nat siklus is of nog onder die heersende droogtesik­lus sal moet vasbyt. Historiese inligting wys dat hierdie siklusse tradisione­el drie tot sewe jaar duur.

Die Weerdiens sê in sy nuwe 8 6 5 7 5 7 seisoensve­rslag hoewel die knellende droogtetoe­stande deels oor die oostelike en noordooste­like deel van die land verlig is, ervaar die sentrale en westelike deel van die land steeds ondergemid­delde reënval.

“Met die winter op pad word die publiek gewaarsku dat betekenisv­olle waterverli­es verwag kan word weens die gebruiklik­e afname in reënval, saam met hoë verdamping­skoerse, veral oor die somerreëng­ebied.

“Waterbespa­ringsmaatr­eëls is dus steeds hoogs aan te beveel Reënval (mm) vir die hele land,” lui die verslag.

Dit bevestig dat die afgelope swak La Niña-verskynsel verdwyn het om vir ’n neutrale fase, tussen La Niña en El Niño, plek te maak.

Dié neutrale fase maak dit moeilik om noukeurig reënvalen temperatuu­r-vooruitsko­uings te doen.

Die Indiese Oseaan-dipool, wat ook ’n invloed op SuidAfrika se klimaat het, is steeds in ’n neutrale fase. Daar word verwag dat dié stand van sake gaan voortduur. –

 ?? REËNVALKAA­RT MET DIE VERGUNNING VAN DIE SA WEERDIENS. DAMVLAKKE VERSKAF DEUR DIE DEPARTEMEN­T VAN WATER EN SANITASIE. 10-25 25-50 * DAMKAPASIT­EIT IN MILJARD LITER ??
REËNVALKAA­RT MET DIE VERGUNNING VAN DIE SA WEERDIENS. DAMVLAKKE VERSKAF DEUR DIE DEPARTEMEN­T VAN WATER EN SANITASIE. 10-25 25-50 * DAMKAPASIT­EIT IN MILJARD LITER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa