Landbouweekblad

Staat gaan help teen wurms

- — NICO VAN BURICK en JOYLENE VAN WYK

ONBESTEDE geld van die Regering se omvattende steunprogr­am vir die landbou (Casp) sal heraangewe­nd word om boere te help om die herfskomma­ndowurm te bestry, sê mnr. Senzeni Zokwana, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye. Dié steun sal aan kleinén kommersiël­e boere toegestaan moet word, gegewe dat nie een van hulle daarvoor begroot het nie. “Ek glo dat in elk van die gebiede waar die plaag aangetref word, sal ons dit kan uitwis soos enige ander wurm, want ons weet watter soort wurm dit is en watter plaagdoder om te gebruik.

“Die gebruik van plaagdoder­s sal afhang van boere se vermoë om dit te bekostig.”

Limpopo het reeds R8 miljoen opsy gesit om boere te help om die plaag te bestry, het Zokwana aan Landbouwee­kblad gesê.

Vertraagde bespeuring van die wurm is tans die grootste struikelbl­ok in die bestryding daarvan, sê mnr. Jan Hendrik Venter, bestuurder van vroeëwaars­kuwingstel­sel vir plantgeson­dheid by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye.

Die voorkoms van die wurm is reeds in ses provinsies, Limpopo, Gauteng, Noordwes, Mpumalanga, Vrystaat en die NoordKaap bevestig. Die Wes-Kaapse geval kon nie bevestig word nie.

SUIKERRIET

Daar is nog geen bewyse dat die wurm ook plaaslik na suikerriet

versprei het nie, sê Venter.

“Ons het gehoor van die sporadiese voorkoms daarvan by suikerriet in ander lande. Dit is seker veral moontlik dat die wurms ook op suikerriet sal voed – veral waar dit naby mielies verbou word. Ons probeer nog self vasstel hoe groot die bedreiging is.”

Boere wat vermoed dat daar herfskomma­ndowurms in hul lande is, moet dit so gou moontlik laat identifise­er sodat die regte plaagdoder gekoop kan word.

“As die verkeerde plaagdoder gebruik word, kan die wurm weerstand daarteen opbou. Daar is ook die risiko dat ’n neerslag van die plaagdoder op die gewas kan beland, wat onbedoelde gesondheid­skwessies sal veroorsaak.”

NÓG PLAE

Dr. Gerhard Verdoorn, kenner van plaagbestr­yding, maan boere

dat oeste ná die droogte en reën besonder kwesbaar is vir alle Lepidopter­a-spesies, ook die valskomman­dowurm, bolwurm, stamboorde­r, Asiatiese vrugtevlie­g en tamatie blaarmyner.

“Dit is noodsaakli­k om alle gewasse wat tans op die lande is, fyn te inspekteer vir skielike grootskaal­se plaagbesme­tting. Boere moet ook nie ongeregist­reerde plaagdoder­s gebruik nie. Raadpleeg CropLife SA se datastelle by en

vir geregistre­erde middels.”

Die Demokratie­se Alliansie het mnr. Des van Rooyen, Minister van Plaaslike Regering en Tradisione­le Sake, versoek om die wurmbesmet­ting ’n nasionale ramp te verklaar ingevolge die Wet op Rampbestuu­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa