Landbouweekblad

AGRI SA EN DIE SKA TEKEN OM GEMEENSKAP­PE TE BEVOORDEEL

- AMELIA GENIS CARIEN KRUGER

LEIERS van Agri SA en die SKA-radioteles­koopprojek in die Noord-Kaap het ’n memorandum van verstandho­uding onderteken om te verseker dat plaaslike gemeenskap­pe van die Karoo baat vind by die projek.

Volgens ’n persvryste­lling van die SKA Suid-Afrika (SKA SA) sluit hy vennootska­ppe met gemeenskap­sorganisas­ies om te verseker dat die verwagte impak van die projek gunstig bly.

Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, het gesê hulle kan nie die projek keer nie, maar die memorandum lê riglyne neer vir wat gebeur nadat die SKA SA 118 000 hektaar grond van boere by Carnarvon, Vanwyksvle­i en Williston gekoop het om die kern van die SKA-radioteles­koop te bou.

“Ons wil probeer om die ekonomiese impak op die gebied te beperk. Dit volg op ons oorspronkl­ike ooreenkoms met dr. Justin Jonas van die SKA waarmee ons wou verhoed dat die ekonomie van die gebied benadeel word.

“In die eerste plek wil ons hê boere moet regverdig behandel word as hulle hul grond verkoop. Waar die SKA SA nie in alle grond van ’n boer belang stel nie, moet hy dit koop en weer op die ope mark verkoop.”

KOMMUNIKAS­IE

Möller sê Agri SA verwag ook dat landboubed­rywighede buite die kern van die SKA-radioteles­koop moet voortgaan en dat die dorpe nie benadeel word nie. “Ons probeer ’n verstandho­uding vestig waarbinne hulle hul korporatie­we pligte kan uitvoer.”

Luidens die persverkla­ring onderneem Agri SA en die SKA SA met die memorandum om voortduren­d maniere te soek om, waar moontlik, die landbougro­nd wat in die gedrang kom, vir boerdery te benut, solank dit nie die funksioner­ing van die radioteles­koop in die gevaar stel nie.

Daar word verwag dat die boere se kundigheid die SKA SA sal help met die bekamping van roofdiere en indringerp­lante.

Die SKA SA erken dat grondeiena­ars en plaaswerke­rs se vermoë om moderne kommunikas­ietoerusti­ng te gebruik, beperk gaan word. Hy het egter onderneem om te belê in die ontwikkeli­ng van alternatie­we tegnologie wat die impak van die radioteles­koop sal beperk.

“Ingevolge die ooreenkoms sal gereelde behoeftebe­palings gedoen word om alternatie­we oplossings vir die kommunikas­iebehoefte­s van die geraakte gemeenskap­pe te vind.”

SAN-GEMEENSKAP

Dr. Rob Adam, besturende direkteur van die SKA SA, gesê sy visie is dat die organisasi­e aanhou om sy verhouding met die mense wat in en naby die SKA-perseel woon, uit te bou. “Dit is die verantwoor­delikheid van die SKA SA en plaaslike boere om saam te werk om ’n volhoubare toekoms vir dié deel van die Karoo te bou.”

Hy sê met dié ooreenkoms verbind die SKA SA hom daartoe om in vennootska­p met die georganise­erde landbou seker te maak die Karoo trek die grootste moontlike voordeel uit die huisvestin­g van die radioteles­koop.

Volgens Adam gaan hulle ook eersdaags ’n ooreenkoms aangaan met die Raad van die San-mense, wat die belange verteenwoo­rdig van die nageslag van die vroegste inwoners van die Karoo. – Nel sê die meeste beleggers wil benewens opbrengs ook voel dat hulle ’n maatskapli­ke invloed kan hê. “Senwes is daarom ’n ideale beleggings­voertuig. Ons is trots daarop dat ons deur die vereenvoud­iging van aandeelver­handeling ’n presedent kan skep vir die Suid-Afrikaanse landbou om toegang te kry tot groeifonds­e wat gewoonlik net deur tradisione­le bankfinans­iering beskikbaar is,” sê Nel in ’n verklaring.

Mnr. Petri Redelinghu­ys, stigter van Herenya Capital Advisors, is baie opgewonde oor ZAR X. Hy sê in ander lande, soos Amerika, is daar verskeie beurse. ZAR X is Suid-Afrika se enigste ander beurs naas die JSE. Senwes het voorheen sy aandele “oor die toonbank” (OTC) verkoop en nie deur ’n beurs nie. Wetgewing het egter verander en die Raad op Finansiële Dienste het beslis dat OTC-aandele deur ’n beurs verhandel moet word, wat Senwes gedwing het om te noteer.

Redelinghu­ys sê die JSE stel moeilike noteringsv­ereistes, terwyl ZAR X ’n goedkoper en makliker oplossing bied.

Die landbou speel ’n groot rol in ekonomieë, veral as ’n werkskeppe­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa