Landbouweekblad

MIN VORDERING MET OMKEERSTRA­TEGIE

- AMELIA GENIS

MILJOENE rande is aan interaksie tussen betrokkene­s in die koringbedr­yf bestee, maar min besluite is geneem en oor sekere goed kon hulle nie konsensus bereik nie, het mnr. Pieter Esterhuyze­n van die konsultasi­efirma Succession­s op die koringinda­ba op Elsenburg gesê.

Verskillen­de belanghebb­endes het teruggerap­porteer oor drie jaar van onderhande­linge, “baie praat, min luister en baie baklei”.

Die Koringforu­m is ná die afskaffing van die Koringraad in 1997 gestig om die rol te vervul van ’n staat wat hom toenemend aan die bedryf onttrek het. Daar was ’n gees van gesamentli­ke belang, dog Esterhuyze­n meen daar is twyfel of die forum ’n toekoms het omdat die redes vir sy stigting moontlik nie meer geld nie. “Dalk is eie belang baie belangrike­r as wat ons dink, veral as ons kyk hoe ons drie jaar met mekaar gepraat en nie besluite geneem het nie.”

ONTWIKKELI­NG

Dit het duidelik geword die bedryf benodig koringkult­ivars wat hoër opbrengste kan lewer.

Mnre. Andries Theron van die Suid-Afrikaanse agentskap vir kultivar-en-tegnologie-ontwikkeli­ng (Sacta) en Jannie de Villiers, hoof uitvoerend­e beampte van Graan SA, het benadruk opbrengsve­rhogings kan bereik word sonder om die gehaltebeh­oeftes van meulenaars en bakkers te ignoreer. Die stigting van Sacta om kultivaron­twikkeling te versnel, is een ding wat die bedryf wel reggekry het.

Die kultivarno­rme is ook verslap omdat inligting toon dat Suid-Afrikaanse kultivars met die bestes ter wêreld vergelyk en koring met swakker eienskappe meermale ingevoer word.

Esterhuyze­n het ook gewaarsku boere moet hulle gereedmaak vir minder tariefbesk­erming. “Alle aanduiding­s is dat die heffing op ingevoerde koring heelwat laer gaan wees – ek dink in ’n band van R700 tot R800 per ton. Dit is bloot wat ek op die mark sien en hoor.”

BESLUIT ’N SLAG

Mnr. Francois Eksteen, ’n boer van Piketberg wat die indaba bygewoon het, het gesê te veel parasiete in die koringwaar­deketting teer op boere. In ’n oproep om groter sekerheid vir die bedryf het mnr. Koos Blanckenbe­rg van Klipheuwel by mnr. Chris Sturgess, wat die JSE verteenwoo­rdig het, gepleit om besluite te neem oor hul voorstelle oor gewaarborg­de uitlaaiser­tifikate en die R100-diskonto op ingevoerde koring. –

‘Alle aanduiding­s is dat die heffing op ingevoerde koring heelwat laer gaan wees.’

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa