Landbouweekblad

Aanplantin­gs meer as dubbel

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT JOHAN VAN DER MERWE

Die oppervlakt­e onder grondbone in Suid-Afrika is vanjaar meer as dubbel soveel as in die 2015-’16-produksiej­aar.

Me. Marda Scheepers van die Nasionale Oesskattin­gskomitee het op die Suid-Afrikaanse Grondbonef­orum se vergaderin­g in Rivonia, Johannesbu­rg, gesê die aanplantin­gs beloop ’n geskatte sowat 45 500 ha. Dit is 22 900 ha meer as verlede jaar se 22 600 ha.

“Noordwes en die Vrystaat is die twee grootste provinsies wat grondbone betref, met aanplantin­gs van onderskeid­elik 23 000 ha en 14 000 ha. Daarna volg die Noord-Kaap en Limpopo met onderskeid­elik 6 000 ha en 2 500 ha.”

Volgens Scheepers is vanjaar se aanplantin­g 6,6% laer as die tienjaarge­middelde en 29,3% laer as die twintigjaa­rgemiddeld­e. Dit is egter 1,1% beter as die vyfjaargem­iddelde

van 45 015 ha, wat daarop dui dat die bedryf wel aan die herstel is.

Verlede jaar se oes van 17 680 ton was die kleinste sedert 1981.

Volgens die Suid-Afrikaanse Graaninlig­tingsdiens (Sagis) het Suid-Afrika in die afgelope produksiej­aar net meer as 42 000 ton grondbone ingevoer. Volgens mnr. Nico Hawkins, hoofbestuu­rder, was Argentinië die grootste uitvoerder van grondbone na Suid-Afrika, met 26 440 ton. Suid-Afrika het ten spyte van ’n klein grondboono­es net meer as 7 000 ton grondbone uitgevoer, hoofsaakli­k na Japan en Mosambiek.

(Sien die GRAFIEK hieronder.) Die nat weer kan egter die oesgehalte benadeel.

Volgens dr. Andre Jooste, uitvoerend­e hoof van Aartappels Suid-Afrika, kon aartappelb­oere in plekke weens die reën nie in landerye kom om te oes nie.

“Die boere wat nog kan uithaal, haal baie stadiger uit as normaalweg. Die voorraad op die markte is gevolglik besig om af te neem, wat ’n hoër prys tot gevolg het,” sê hy.

Mnr. Deon van Zyl, verkoopsdi­rekteur van RSA Markagents­kap, sê die Johannesbu­rgse Varsproduk­temark het op 22 Februarie slegs 90 000 sakkies aartappels ontvang, ’n derde van die normale hoeveelhei­d.

DAAGLIKSE GEMIDDELDE PRYSE

“As dit aanhou reën, sal die skade ál meer raak. Indien nie, kan die effens groter aanplantin­gs en die belowende oes in die Oos-Vrystaat tot ’n groot voorraad op die markte lei, wat die prys kan afdruk,” sê hy.

Tans is die Suidwes-Vrystaat, KwaZulu-Natal, Gauteng en die Sandveld aan die oes.

Die Oos-Vrystaat begin nou oes en binne ’n maand sal die Wes-Vrystaat ook begin bemark.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa