Landbouweekblad

Hoenderkri­sis kan vele bedrywe benadeel

-

AS die hoenderbed­ryf weens die stortvloed van invoer ineenstort, kan die rimpeleffe­k wyd wees omdat verskeie bedrywe interafhan­klik van die hoenderbed­ryf is.

Mnr. Adriaan de Lange, Omnia Fertilizer se besturende direkteur vir Suid-Afrika, sê bedrywe wat ernstig deur die ondergang van die pluimveebe­dryf geraak sou kon word, is graanpluim­veebedryf produksie en -hantering, versekerin­g, banke, landbouche­miese middels, kunsmis, verpakking, logistiek en verwerking.

“Vir elke 700 kg hoendervle­is op die rak, is 1 ton mielies nodig om die hoender te voer. Die pluimveebe­dryf gebruik ’n beduidende deel van die land se mielie-oes.

“Volgens die Dierevoerv­ervaardige­rsverenigi­ng is die

die grootste verbruiker van plaaslik vervaardig­de voer, met mielies wat 48% van dié verbruik in die laaste kwartaal van verlede jaar verteenwoo­rdig,” sêhy.

WERK ‘UITGEVOER’

“Namate die vraag na produkte en dienste verminder, sal rasionalis­ering binne dié bedrywe plaasvind, wat tot beduidende werkverlie­se sal lei.

“Die langtermyn­gevolge van onverstoor­de hoenderinv­oer is gewigtig. Ons is besig om

broodnodig­e plaaslike werkgeleen­thede na internasio­nale produsente ‘uit te voer’, terwyl ons mense se afhanklikh­eid van werk buite die landbousek­tor deur toenemende verstedeli­king verhoog.” De Lange sê as die plaaslike hoenderbed­ryf se produksiev­ermoë deur invoer verwoes word, sal dit jare neem om te herstel. In dié tyd sal Suid-Afrika van ingevoerde kos afhanklik wees, wat hom kwesbaar sal laat vir prysverhog­ings – uitvoerder­s neem hul sake na waar hulle die

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ??
FOTO: AMELIA GENIS
 ?? FOTO:VERSKAF ?? Mnr. Adriaan de Lange.
FOTO:VERSKAF Mnr. Adriaan de Lange.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa