Landbouweekblad

AB INBEV SE ONDERNEMIN­GS

-

Toe AB Inbev SAB oorgeneem het, het die maatskappy hom in ’n kontrak met die Suid-Afrikaanse Regering verbind tot swartbemag­tiging. Die maatskappy onderneem onder meer om teen 2021 altesame 800 nuwe opkomende gars-, mielie- en hopboere te vestig. Dit is ook die maatskappy se strategies­e voorneme om 2 600 werkgeleen­thede te skep in die waardekett­ings van hierdie produkte.

Die maatskappy onderneem om die produksie- en verwerking­skapasitei­t van moutgars en hop te vergroot en teen 2021 sowat 475 000 ton gars in te neem.

Verder word R610 miljoen toegewys aan die landbou vir navorsing, opleiding en die ontwikkeli­ng van boere en die waardekett­ing. Beleggings sal, waar moontlik, geskied in ooreenstem­ming met die Regering se beleid vir landelike gebiede en die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan. Hulle stel veral belang in die agriparke-konsep. Aangesien agriparke hoofsaakli­k in die noorde van Suid-Afrika ontwikkel word, stel dit ’n groot uitdaging aan die garsbedryf in die Wes-Kaap. Die bedryf moet verseker dat opkomende boere in dié provinsie ’n aandeel in die geleenthed­e kan hê.

‘GELEENTHED­E EN UITDAGINGS’

AB Inbev se ondernemin­gs skep geleenthed­e en uitdagings. In die lig daarvan het Van Schoor gesê die vraag is of die droëlandge­biede in die toekoms steeds twee derdes van die moutgarsbe­hoefte gaan lewer, en of die verdeling tussen droëland en besproeiin­g gelyk gaan word. “Dit hang van julle af. Die bemagtigin­gskomponen­t gaan kritiek wees vir die Wes-Kaap se aandeel in garsproduk­sie, en die provinsie se groeipoten­siaal op mediumterm­yn gaan grootliks daarvan afhang. Ons moet anders na eienaarska­p en bemagtigin­g kyk. Kyk na dít wat mnr. Kosie van Zyl van Napier en lede van die landboubem­agtigingsg­roep Agri Dwala doen. Die uitbreidin­g van garsproduk­sie kan andersins baie maklik na die besproeiin­gsgebiede gaan.”

In dié stadium is die gekommunik­eerde vraag vir vanjaar se oes 320 000 ton vir die WesKaap – 310 000 ton daarvan in die Suid-Kaap en 10 000 ton in die Swartland. Slegs 225 000 ton daarvan kan op Caledon vermout word. Die res sal na Gauteng vervoer moet word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa