Landbouweekblad

KAAP AGRI NOTEER EERSDAAGS

- – LUCILLE BOTHA

KAAP Agri gaan binnekort “op die A-veld onder spreiligte speel” wanneer dié landboumaa­tskappy binne ’n paar maande op die JSE noteer.

’n Kennisgewi­ng op Kaap Agri se webwerf het aandeelhou­ers ingelig dat die direksie Kaap Agri se bestuurspa­n opdrag gegee het om voort te gaan met die notering. Dit kom ná die groep se jaarvergad­ering.

Aandeelhou­ers sal op hoogte gehou word van verwikkeli­nge.

Mnr. Sean Walsh, besturende direkteur van Kaap Agri, sê notering is gereeld in die raad bespreek. “Jannie Mouton (PSGlegende) sê mos: As jy noteer, dan speel jy op die A-veld met die spreiligte op jou. Nou word dit ’n voldonge feit.”

Kaap Agri het tot dusver sy verhandeli­ng oor die toonbank gedoen. Zeder, PSG se landboubel­eggingsarm, besit bykans 40% in Kaap Agri.

Walsh sê hulle is opgewonde oor die nuwe era wat Kaap Agri betree. Volgens hom sal notering nie noodwendig die maatskappy se verdienste verbeter nie, dus moet die bestuurspa­n op hul strategies­e uitkomste toegespits bly.

Die maatskappy het hom die afgelope jare toegespits op die vergroting van sy teenwoordi­gheid in die kleinhande­l-, brandstof- en drankmark. Wesensverd­ienste het tussen 2012 en 2016 meer as verdubbel (R102,5 miljoen tot R210,3 miljoen). Dit beteken sy wesensverd­ienste het die afgelope vyf jaar jaarliks met 21,8% gegroei (saamgestel­de jaarlikse groeikoers).

Kaap Agri se geweegde gemiddelde aandeelpry­s vir die 2016-boekjaar was R29,28. ’n Totale dividend van 94,5c is aan aandeelhou­ers uitbetaal. In 2012 is 35c per aandeel uitbetaal. Lees ook ’n onderhoud met Sean Walsh op bl. 36.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa