Landbouweekblad

GM-TEGNOLOGIE VIR KLEINBOERE AMPER HIER

- – FREDALETTE UYS

KOMMUNALE boere in die Oos-Kaap het onlangs ’n voorsmakie gekry van die verbeterde mieliekult­ivars wat van volgende seisoen af beskikbaar sal wees en spesifiek aangepas is by hul behoeftes.

Op ’n boeredag in Willowvale in die voormalige Transkei het die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) met die samewerkin­g van die Oos-Kaapse departemen­t vir landelike ontwikkeli­ng en landbouher­vorming, voorbrand gemaak vir die saad. Dit is ontwikkel as deel van die WEMATela, oftewel Waterdoelt­reffende Mielies vir Afrika, ’n vennootska­p tussen die staat en verskeie private maatskappy­e met die doel om voedselsek­erheid te verseker en kleinboere in Afrika op te hef.

Die mielies is droogtewee­rstandig danksy konvension­ele en transgenie­se (GM) teelmetode­s, en bevat ook insekbeske­rming deur Monsanto se Bt-transgenie­se (MON 89034) tegnologie.

Die saadkultiv­ars is gekweek sodat bestaansbo­ere minder tyd hoef te bestee aan onkruid trek en beter oeste tydens droë tye kan behaal. Dit bied ook beskerming teen insekte, soos stamboorde­rs, vir boere wat nie plaagdoder­s kan bekostig nie.

Verder stel Monsanto ook die Bt-tegnologie tantiemevr­y aan plaaslike saadmaatsk­appye beskikbaar, wat die koopprys verlaag.

NÓG MOET VERBETER

Boere wat die geleenthei­d bygewoon het, sê daar is ook ander infrastruk­tuur wat ontbreek om hul boerderye vorentoe te vat.

Me. Anne Phakathi, wat mielies vir die Gwebendlal­a-projek buite Fort Malan plant, sê dit is moeilik om ’n mark vir haar mielies te vind. Daar is ook weinig of geen koöperasie­s of landbouwin­kels waar sy produksiem­iddelle kan aankoop of waar mielies ná die oes opgeberg kan word nie.

Ander boere het gesê daar was in die verlede nie voldoende opleiding oor hoe om te plant nie, maar by dié boeredag was daar wel ’n sessie oor plantverei­stes.

 ?? FOTO: FREDALETTE UYS ?? Mielieland­e in die Willowvale­omgewing.
FOTO: FREDALETTE UYS Mielieland­e in die Willowvale­omgewing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa