Landbouweekblad

WEER-APP VIR KLEINBOERE?

- – CARIEN KRUGER

DIE Landbounav­orsingsraa­d (LNR) wil met die hulp van tegnologie inligting oor die weer na veral kleinboere bring sodat hulle doeltreffe­nder kan boer.

Die Rain for Africa-projek (R4A) wil die regte inligting op die regte tydstip aan kleinen kommersiël­e boere deurgee.

Luidens ’n inligtings­tuk wat op ’n LNR-byeenkoms in Pretoria uitgereik is, is die doel om die weerinligt­ing wat deurlopend by meer as 600 outomaties­e weerstasie­s van die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) ingesamel word, in nuttige landbou-inligting om te skakel en dit deur middel van gebruikers­vriendelik­e selfoontoe­passings aan boere te voorsien.

Die mikpunt is om die projek binne die volgende drie jaar op dreef te kry en 125 000 Die plan is om inligting aan kleinboere te stuur oor wanneer die beste tyd is om te saai en te spuit, wat die weervoorsp­elling vir 10 tot 15 dae is, en verpersoon­likte reënvalmet­ings. Die ontwikkela­ars wil R4A-dienste aan kommersiël­e kliënte verkoop om só die gratis diens aan kleinboere te finansier.

Mnr. Enos Kwata, ’n voorligter van Limpopo se departemen­t van landbou, het by die sessie vir belanghebb­endes gesê die boere met wie hy werk, het nie slimfone nie. SMS of Whatsapp sal dus die beste vir hulle werk.

Hy het aanbeveel dat die inligting ook in ’n fisieke plek naby kleinboere beskikbaar moet wees, soos ’n munisipale kantoor.

“Slegs God weet, en niemand anders nie,” is wat boere met wie Kwata werk, graag oor weervoorsp­ellings sê. Dit sal dus nodig wees om vertroue in die stelsel te bou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa