Landbouweekblad

KAMPIOEN-SPRINGBOK HAAL REKORDPRYS

- – CHARL VAN ROOYEN en JOHAN NORVAL

’N SPRINGBOKR­AM wat eerste op die ranglys ingevolge die Safari Club Internatio­nal-metode (SCI) gelys is en met ’n totale horingmate van 49 spog, is teen ’n rekordbedr­ag van R1,55 miljoen verkoop op die jaarlikse veiling van mev. Tina de Jager van Valley Venture-stoeterye in Vryburg.

Die ram Hercules, geteel deur mnr. Julian Theron van Jules of the Karoo in die distrik Richmond, is aan mnr. Jacques Malan van die wildplaas Lumarie naby Bela-Bela verkoop.

Dié rekordbedr­ag verbeter die R1,2 miljoen wat vir die ram Basjan in 2014 betaal is. Die mate van Hercules se linkerhori­ng was verlede Desember op die ouderdom van 3 jaar en 6 maande 17 Sy regterhori­ng was 18 ¼”. Dit is die eerste ram met horings van 18” wat Jules of the Karoo laat opveil het.

Hercules kom uit die kruistelin­gprogram in Theron se Damkamp, waar Damara-teelmateri­aal en Kalahari-bokke gebruik is. Dit is die derde 18”-bok uit dié projek, met verskeie ramme wat oor horings van langer as 17” beskik.

NOG REKORDS

Die Zambiese swartwitpe­nsbul Tequila, ’n seun van Madala, het die hoogste prys op dié veiling behaal. Hy is vir R6,8 miljoen verkoop aan mnr. Anton Taljaard, ook van Vryburg. Ooie het teen R70 000 tot R80 000 verhandel.

Bosbokooie wat deur dr. Wesson van Rensburg van Realora Wild, Bela-Bela, aangebied is, het die Suid-Afrikaanse rekordprys van R85 000 geëwenaar. Die trop van ses ooie is dragtig van James Bond, ’n ram met horings van 19”.

Die prys van rooi gemsbokke het tussen R500 000 en R1 000 000 gewissel.

Die veiling is gehou by Wildswinke­l se veilingsen­trum by Bela-Bela. Die omset vir die wild en beeste was R41 047 000. Altesame 201 kopers het vir die veiling geregistre­er. Die afslaer was mnr. Niel Swart.

MERINO’S

Konsortium Merino’s het ook verlede week ’n rekord vir ’n Merinoramv­eiling in Suid-Afrika opgestel met ’n omset van R2 971 400, wat amper R300 000 meer is as die R2 675 750-omset by sy veiling verlede September.

Hy het sy duurste prys tot nog toe vir ’n ram, R80 000, geëwenaar. Al 353 ramme wat aangebied is, is verkoop teen ’n gemiddelde prys van R8 418.

 ??  ?? Die springbokr­am Hercules.
Die springbokr­am Hercules.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa