Landbouweekblad

Sandmyne bied uitkoms vir sukkelende boere

- – LUCILLE BOTHA JOHAN VAN DER MERWE

AANGESIEN die vraag na sand tans groter is as die aanbod daarvan, maak dit vir boere in die Swartland finansieel sin om sandmyn-aktiwiteit­e op plase toe laat.

Só sê mnr. Nollie Smit van die plaas La Rhine oor die Protect the Paardeberg-koalisie se ontevreden­heid oor die beoogde sandmyne in die Paardeberg-omgewing.

Die koalisie bestaan uit wynmakers, soos mnre. Eben Sadie en Adi Badenhorst, en organisasi­es, soos die Paardeberg-inisiatief vir volhoubaar­heid. ’n Aanlynpeti­sie om sandmyne te keer doen tans die rondte.

“Sandmyne bedreig die area se karakter. Mynboubedr­ywighede en wingerdbou kan nie gelukkig saam bestaan nie,” lui die verklaring. “Daar word van rehabilita­sie gepraat ná tienduisen­de kubieke meter sand verwyder is, maar almal ken daardie storie. Die gesagsfigu­re wat dit op die myners moet afdwing, is dikwels net te slap om dit te doen of het nie die vermoë om die situasie te monitor nie.”

Smit, ’n wingerd-en-veeboer wat ook ’n vleisverwe­rkingseenh­eid op die plaas bedryf, sê die sandmyn op sy plaas word op ’n “stuk vleigrond” beoog.

Lochner Transport het aansoek gedoen om die permit en sal hom per kubieke meter betaal vir die sand wat hy daar wil myn.

“Die grond word nie vir die landbou gebruik nie, behalwe wanneer my beeste daar wei. Dis boonop kilometers van die Paar- deberg of enige fynbos af. Dis nie sigbaar van Eben of Adi af nie.

“Ek het boonop jare lank ’n grondversk­uiwingsbes­igheid gehad en net ingestem op voorwaarde dat ek self die sandmyne rehabilite­er. Ek verstaan sandmyne is onooglik as die nodige rehabilita­sie nie gedoen word nie, maar ek kan jou vat na plekke waar die mooiste lusern, graan en wingerd staan waar daar voorheen gemyn is. Ek is mos nie onnosel nie; ek sal nie iets doen om die waarde van my plaas te verlaag nie.”

BEDRYF KRY SWAAR

Smit sê die gebied het heelwat bosstok- en droëlandwi­ngerde.

“Jy hoef nie ’n graad in wiskunde te hê om te weet hoe moeilik dit is om te oorleef as jy aan ’n koöperatie­we kelder druiwe lewer nie. Die afgelope droë jare was daar ook nie water om wingerd aanvullend te besproei nie, en produksie het dus gedaal. Ek het darem ’n alternatie­f, want my plaas is groter as die meeste in die Paardeberg-omgewing, maar wat van die ouens wie se plase toegeplant is met bosstok-wingerd?”

Mnr. Joggie Scholtz, munisipale bestuurder van die Swartland-munisipali­teit, het in ’n verklaring gesê hulle het twee aansoeke om die myn van sand op gedeeltes van die plaas Lammershoe­k 841/12 en die restant van La Rhine 848 ontvang. Op albei plase is die gedeeltes sowat 5 ha groot. Die munisipali­teit het verskeie stukke wetgewing in ag geneem en ’n appèlprose­s sy loop laat neem voordat hulle die aansoeke met sekere voorwaarde­s goedgekeur het.

“Volledige omgewingsi­mpakstudie­s is vir albei gedeeltes gedoen,” lui die verklaring.

VOORUITGAN­G

Volgens die provinsial­e ruimtelike ontwikkeli­ngsraamwer­k is dit belangrik vir ekonomiese ontwikkeli­ng in die Wes-Kaap om sand vir boumateria­al te myn.

Dié dokument verwys na die teenwoordi­gheid van minerale vir boudoelein­des aan die Weskus. Daar word ook melding gemaak van die mededingin­g tussen grond vir landboudoe­leindes en grond vir boumateria­al.

Smit sê die sandbronne elders in die Kaap is uitgeput of van swak gehalte.

Mnr. Stephen Davey, ’n geoloog van Klipberg Geology, Environmen­t & Mineral Resources op Darling, het aanvanklik vir BKL Sandmine CC bygestaan met sy aansoek om op Lammershoe­k sand te myn. Hy het bevind dat die stofinhoud in die monsters te hoog was en hulle aangeraai om hul aansoek te onttrek omdat die sand nie aan SABS-standaarde sal voldoen nie, en ook nie vir bouof pleistersa­nd gebruik sou kon word nie.

Boonop sê hy die eiendomme is nie so groot nie. “Mynbou-werksaamhe­de gaan baie maklik jou buurman pla. Die nou grondpad is ook problemati­es.”

Volgens mnr. Kobus Groenewald, eienaar van BKL Sandmine CC, is “die sand daar (in die Paardeberg) baie mooi, en daar is ontsettend baie sand”.

Hy sê die grond sal ná die tyd meer geskik wees vir landbou as wat tans die geval is. Mnr. Christo Conradie, bestuurder van VinPro se wynkeldera­fdeling, sê enigiemand is welkom kelders te besoek. “Ons verwag net dat dit op ’n profession­ele wyse gedoen word, dat afsprake vooraf gemaak word en dat die doel van die besoek goed aan boere en kelders gekommunik­eer word. Met Bitter Grapes was dit nie ’n geval van boere wat weier om met die media te praat nie; hulle was eerder, met rede, baie skepties,” sê hy.

‘Die grond word nie vir die landbou gebruik nie, behalwe wanneer my beeste daar wei.’

Sasha-Monique.Elvik@ vinmonopol­et.no

 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA ?? Die plaas Kalmoesfon­tein in die Siebritskl­oof teen die Paardeberg.
FOTO: LUCILLE BOTHA Die plaas Kalmoesfon­tein in die Siebritskl­oof teen die Paardeberg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa