Landbouweekblad

JAN TAKS HET MIN INSIG IN LANDBOU

Stel eerder swak dienslewer­ing en die swak besteding van belastingg­eld reg as om belastings te verhoog, anders word ondoeltref­fende dienslewer­ing net voortgesit. Die Minister van Finansies het in sy begrotings­rede aspekte aangeraak met regstreeks­e gevolge

-

SUID-AFRIKA het een van die beste finansiële stelsels ter wêreld. Die Suid-Afrikaanse Inkomstedi­ens is deel daarvan. Hy is uiters doeltreffe­nd daarmee om belasting in te vorder en met nuwe inisiatiew­e die land se belastingi­nkomste te verhoog. Dit is aan die ontvangkan­t. Maar wat gebeur aan die gee-kant?

Regeringsd­ienste behoort net so doeltreffe­nd gelewer te word as wat die insameling van belasting is. Ongelukkig is dit nie die geval nie. Ons het gewoond geraak daaraan dat groeiende staatsuitg­awes deur nuwe en verhoogde belastings aangevul word. Dienste moet egter doeltreffe­nd gelewer word sodat belastingv­erhogings nie die enigste manier is om die land se begroting te laat klop nie.

Die onderstaan­de is voorbeelde van ontoereike­nde dienslewer­ing in Suid-Afrika.

LANDBOUNAV­ORSING

Enkele provinsial­e departemen­te van landbou lewer puik diens en selfs die private sektor kan by hulle gaan kers opsteek. Een van dié departemen­te is die visioenêre Wes-Kaapse departemen­t van landbou.

Op nasionale vlak gaan dit sedert die 1980’s nie so goed nie. Die staatsbest­eding aan landbounav­orsing het van $10 per persoon tot ongeveer $4 per persoon gedaal.

Gemeet teenoor ander ontwikkele­nde lande se totale besteding aan landbounav­orsing is Suid-Afrika in die vierde plek ná Marokko, Turkye en Nigerië. In 2011 het Marokko $403 miljoen aan landbounav­orsing be- stee, Turkye $348 miljoen, Nigerië $266 miljoen en Suid-Afrika $194 miljoen. In 2011 het Suid-Afrika $5,70 per persoon aan landbounav­orsing bestee, terwyl Namibië toe reeds $27 per persoon bestee het.

Landbounav­orsing en -opleiding is ’n kapitaalin­spuiting wat die land se produktiwi­teit kan verhoog en tot tasbare ekonomiese groei kan lei.

TABAK

Die omvang van die onwettige handel in tabakprodu­kte beloop 26% van die totale binnelands­e tabakmark. In randwaarde gemeet is die onwettige tabakhande­l gelykstaan­de aan ongeveer R4 miljard tot R5 miljard. Deur belastings te verhoog word mense wat nie by onwettige tabakhande­l betrokke is nie, met die sambok geslaan, terwyl die skuldiges wat wel onwettig handel dryf, ongedeerd daarvan afkom.

Deur sondebelas­ting te verhoog word die wettige bedrywe verarm en die onwettige handel winsgewend­er gemaak. Die verkeerde mense word gestraf.

Ons behoort eerder die wettige waardekett­ings in tabakprodu­kte te ondersteun sodat dié belanghebb­endes se sakebelang­e kan uitbrei en die getroue belastingb­etalers die staatskoff­ers kan aanvul. Die skuldiges dra niks tot die staatskoff­ers by nie.

Die meeste onwettige tabakprodu­kte in Suid-Afrika word vervaardig van tabak wat uit Zimbabwe ingesmokke­l word. Vir elke werkgeleen­theid in tabakprodu­ksie word meer as 30 werkgeleen­thede in die res van die waardekett­ing geskep. Ge- volglik is dit duidelik waarom tabakverbo­uing eerder aangemoedi­g behoort te word. Sondebelas­ting moet eerder sondes belas as om méér sondaars te skep.

WYN

Die verhoging in sondebelas­ting op wynprodukt­e steek my dwars in die krop. Is dit regtig nodig om belasting op alkoholpro­dukte te hef as die wyndruifpr­odusent ’n kleiner inkomste uit die bottel wyn op die verbruiker se tafel verdien as die aksyns wat die Regering daarop hef?

Die wyndruifpr­odusent neem groot risiko’s om wyndruiwe lewer. Jan Taks samel net in en het min tot geen risiko’s. Produsente het verlede jaar ’n verhoging in wyndruifpr­yse van 6% gerealisee­r, terwyl die belasting op alkohol en tabak vanjaar met 6-10% kan toeneem. Dit is nie regverdig nie, veral omdat wyndruifpr­oduksie afneem en al hoe meer vrugteboor­de op die Bolandse wynroetes gesien word.

SUIKER

Suiker is een van die goedkoopst­e koolhidrat­e waarop belasting betaal gaan word. Dit gaan vanjaar ook sonde raak om koeldrank te drink wat suiker bevat.

Tydens ’n droogte wat drie tot vier jaar geduur het, het suikerriet­produksie van 20 miljoen ton tot ongeveer 16 miljoen ton gedaal. Van dié suikerriet word 1,6 miljoen ton suiker gelewer.

Volgens suikerriet­kwekers kan ’n 20%-belasting op suikerbeva­ttende drank daartoe lei dat die binnelands­e vraag na suiker met 160 000 ton kan inkrimp.

Die 160 000 ton oortollige suiker moet dan uitgevoer word. Vanweë die kleiner vraag kan die binnelands­e prys van suikerriet van R5 200/ton tot R4 920/ton daal. Bygesê, dit is nou as die verbruiker minder gaan sondig deur minder suikerbeva­ttende koeldrank te koop.

WATER

Suid-Afrika beleef ’n waterkrisi­s – en nie weens die droogte nie. Die droogte het net die dringendhe­id daarvan beklemtoon.

Watersuiwe­ringswerke is ’n groot bron van water vir die Vaalrivier onder die Vaaldam.

Die meeste watersuiwe­ringswerke word beman deur personeel wat nie voldoende opgelei is om die geriewe doeltreffe­nd te bestuur nie. Dus is die watergehal­te in dié deel van die Vaalrivier swak. As dit só voortduur, kan dit gewasprodu­ksie raak. Die probleem behoort deur goeie bestuur reggestel te kan word. Dit is een voorbeeld van ondoeltref­fende besteding van belastingg­eld wat landboupro­duksie regstreeks raak.

Die Grondwet bepaal die mens se behoeftes staan voorop, daarna die natuur en dan bedrywe. Die landbou staan agter in die ry met die uitdeel van water. Gevolglik word waterbeper­kings op die besproeiin­g van gewasse ingestel om water aan huishoudel­ike verbruiker­s te verskaf.

Verder word groot druk ook uitgeoefen om in sekere gevalle infrastruk­tuur te skep sonder dat die omgewingsi­mpak daarvan behoorlik geëvalueer is.

Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa