Landbouweekblad

Nasie in Gesprek

-

Die afgelope paar jaar was wildteling ’n baie winsgewend­e belegging. Oor ’n tydperk van vyf jaar (van 2007 tot 2012) het die gemiddelde verkooppry­se van buffels met 540% en swartwitpe­nse met 479% gestyg.

Dit is mos nou ’n behoorlike opbrengs op ’n belegging!

Die volgende episode van Nasie in Gesprek kyk onder meer na hoe wildtelers, wildplase, natuurbewa­ring en die jagbedryf mekaar aanvul. Skakel in op kykNET (DStv-kanaal 144) op Woensdag 1 Maart om 17:30. Heruitsend­ings volg op 2, 4, 5, 6 en 8 Maart.

Die span kuier by mnre. Piet Warren, ’n wildboer en swartwitpe­nsteler van Gravelotte in Limpopo en John Hume, die wêreld se grootste renosterbo­er. Die ateljeegas is mnr. Danie Minnaar, ’n wildteler.

Chris Burgess, redakteur van Landbouwee­kblad, bied in elke episode sy perspektie­f en gesels oor belangrike sake in die landbou.

Sowat 10 000 Suid-Afrikaanse wildplase is in private besit op altesame 20 miljoen hektaar wat om en by 12 miljoen stuks wild bevat. Suid-Afrika se nasionale parke huisves maar sowat 6 miljoen stuks wild.

BORGE

Nasie in Gesprek word moontlik gemaak deur Senwes en die medeborge Monsanto, Afgri, Nedbank, Hinterland, NWK en Imperial Isuzu. Landbouwee­kblad is die mediavenno­ot.

KYK EN WEN

Hou jou oë oop vir die kennisgewi­ng oor die SMS-kompetisie tydens elke uitsending. Een gelukkige deelnemer kan elke week ’n John Deere-geskenkpak ter waarde van R2 500 wen! Besoek

vir meer besonderhe­de. Die Nation in Conversati­onslimfoon­toepassing is gratis op Google Play en AppStore beskikbaar. Praat ook saam op Twitter by of op Facebook op die “Nation in Conversati­on”-blad.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa