Landbouweekblad

Boere kan nou met Cipla Agrimed se Attila-opgietmidd­el blouboslui­se, meergashee­rbosluise en rondewurms met ’n enkele opgietmidd­el in hul beeskudde bestry.

-

Ná die onlangse goeie reën in die noordelike dele van Suid-Afrika is ’n ontploffin­g in bosluisget­alle waargeneem. Die reën is gevolg deur warm toestande, wat ideaal is vir die aanwas van bosluise en rondewurms. Daarmee saam is menige beesboer verras deur die toename in die voorkoms van bosluisoor­draagbare siektes, soos rooiwater en galsiekte. Dit is deels weens die groot bosluisbev­olking, maar ook omdat diere tydens die lang droogte dalk weerstand teen dié siektes verloor het omdat hulle minder aan bosluise blootgeste­l is.

Diere kan goeie weiding ten volle benut net as rondewurms goed bestry word.

Attila (reg.nr. G4197, Wet 36 van 1947) bevat ’n unieke kombinasie van twee dipstowwe: fiproniel en abamektien. Dit is die eerste opgietmidd­el vir beeste wat blouboslui­se, meergashee­rbosluise en rondewurms in een opgietbeha­ndeling bestry.

Groot getalle inwendige en uitwendige parasiete is nadelig vir diere. Omdat bosluise en sekere rondewurms bloedsuier­s is, kan hulle bloedarmoe­de veroorsaak. Só verloor diere waardevoll­e proteïene wat nodig is vir groei, melkproduk­sie en immuniteit.

Diere word gereeld teen uitwendige parasiete behandel. Gevolglik begin blouboslui­se weerstand teen die dipstowwe opbou. Dit word sigbaar wanneer bosluisget­alle nie beduidend afneem nadat diere behandel is nie. Die afwisselin­g met ’n dipstof wat ’n totaal ander aktiewe bestanddee­l (’n nuwe dipstofgro­ep) bevat, is nodig om só ’n blouboslui­sbevolking in toom te hou.

AKTIEWE BESTANDDEL­E

Fiproniel is ’n nuwe aktiewe bestanddee­l wat aan die fenielpira­soolgroep behoort en nou die eerste keer in Suid-Afrika aan die beesmark gebied word. Dit word reeds met groot sukses in verskeie dele van die wêreld gebruik om bosluise te bestry.

Die werking verskil drasties van gewone kontakdips­towwe. Fiproniel versprei op die vel ná aanwending as ’n opgietmidd­el. Dit word in die vetlaag onder die vel opgeneem en op lang termyn in die sweetklier­e neergelê.

Die aktiewe middel word stelselmat­ig vrygestel en maak bosluise met kontak dood. Navorsing het getoon fiproniel het ook ’n lang nawerking op die vermoë van ’n wyfieboslu­is om ’n nageslag te lewer. Anders as gewone opgietdips­towwe het die nawerking dus ook ’n impak op die bosluisbev­olking in die omgewing.

Abamektien is ’n endektosie­d. Dit kan inwendige en uitwendige parasiete doodmaak. Die kombinasie van die twee aktiewe bestanddel­e in ’n unieke formule en die gebruikers­vriendelik­e aanwending as ’n opgietmidd­el verseker dat blouboslui­se, meergashee­rbosluise en rondewurms wat produksie en groei beperk, in gunstige weidingsto­estande bestry kan word met een kostedoelt­reffende behandelin­g. Die opgietmidd­els verseker moeitelose, akkurate toediening wat minder arbeidsint­ensief is.

Die skerp toename in bosluis- en rondewurmg­etalle in die laatsomer en herfs kan met Attila doeltreffe­nd teengewerk word.

Begin met ’n enkele opgietbeha­ndeling gevolg deur ’n tweede behandelin­g twee tot vier weke later na gelang van die soort bosluis wat die grootste probleem is. 7463 086124

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa