Landbouweekblad

WOL AL HOE GEWILDER IN AKSIEKLERE­MARK

- — MARLEEN SMITH

Merinowol het hom nou stewig in die mark vir buitelugdr­ag gevestig, meen mnr. Mark Koppes, ondervoors­itter van die Nieu-Seelandse firma Icebreaker.

Dié maatskappy, soos die landboumaa­tskappy BKB se Core Merino in Suid-Afrika, spesialise­er in die vervaardig­ing en bemarking van buitelugdr­ag van Merinowol. Mark werk al 30 jaar in die buitelugbe­dryf.

Die webtuiste het hom oor die stand en toekoms van die Merino-wolbedryf uitgevra. Hy sê die bedryf is gesond, hoewel daar deesdae minder betrokkene­s as ’n paar jaar gelede is. ’n Paar van die groter handelsmer­ke het agtergekom Merinowol-materiaal is nie die maklikste om mee te werk nie en die voorsienin­gsketting is beperk. Maar die boetiekhan­delsmerke, soos Icebreaker, sal altyd daar wees, meen hy.

Die ondernemin­g se produkte raak ook al hoe gewilder onder buitelugge­esdriftige­s omdat vordering in verwerking­stegnologi­e wol weer ’n “vriendelik­e” materiaal gemaak het.

Oor die toekoms meen hy van die grootste vooruitgan­g is op die terrein van die kombinerin­g van wol met ander vesels, waaronder ’n spinproses waarmee ander vesels om ’n wolkern gespin word. Mark voorsien dat spesialish­andelaars, soos Icebreaker, vanjaar hul wolvervaar­digingspro­sesse en ontwerpe verder gaan verbeter vir meer diverse gebruike.

Hy sê die vraag na buitelugpr­odukte van Merinowol groei steeds, met gepaardgaa­nde groei in die Suid-Amerikaans­e en Australies­e Merino-skaapbedry­f. Dit bring mee dat die maatskappy deesdae nie meer ál sy wol van Nieu-Seelandse skape kry nie.

In Suid-Afrika kom die wol vir BKB se Core Merino-reeks van wolboere wat BKB-kliënte is. Daar is dus ’n deurlopend­e skakel tussen die plaas en die winkelrak. “Wolboere weet waarheen hul wol gaan, en verbruiker­s het die vertroue dat die vesel in hul kledingstu­kke van die heel beste Suid-Afrikaanse Merinoskap­e afkomstig is,” sê me. Lucy Leurs, woordvoerd­er.

Merino-aksiedrag is gewild omdat dié wol soveel fyner as ander tipes is en dus gemaklik en sag dra. Die vesels is van nature anti-mikrobies en word nie maklik vuil nie danksy die chemiese struktuur wat ook reuke afweer. Omdat die materiaal “asemhaal”, word sweet van die vel af weggevoer en nie in die vesels vasgevang nie.

Voorts beskerm dié klere ’n mens teen koue én hitte en help dit om regdeur die jaar ’n optimale liggaamste­mperatuur te handhaaf. gearjunkie.com

 ?? FOTO: HTTP:// COREMERINO.COM ?? Die Nieu-Seelandse maatskappy Icebreaker vervaardig buitelewek­lere uit die wol wat dié land se Merinoboer­e kweek. Aksiedrag van suiwer wol is ook in Suid-Afrika gewild onder sportlui, stappers, kampeerder­s en jagters.
FOTO: HTTP:// COREMERINO.COM Die Nieu-Seelandse maatskappy Icebreaker vervaardig buitelewek­lere uit die wol wat dié land se Merinoboer­e kweek. Aksiedrag van suiwer wol is ook in Suid-Afrika gewild onder sportlui, stappers, kampeerder­s en jagters.
 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Die kleinboere in die studie oor volhoubare skaapboerd­ery boer hoofsaakli­k met Dorpers. Hul kuddes is in die algemeen geneties meer uiteenlope­nd as dié van kommersiël­e boere.
FOTO: AMELIA GENIS Die kleinboere in die studie oor volhoubare skaapboerd­ery boer hoofsaakli­k met Dorpers. Hul kuddes is in die algemeen geneties meer uiteenlope­nd as dié van kommersiël­e boere.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa