Landbouweekblad

VEE-INTELING KNOU OOK BIODIVERSI­TEIT

-

As mense oor biodiversi­teit praat, is dit meestal oor plantdiver­siteit of biodiversi­teit in die grond. Dit is egter net so belangrik by diere wat hul vermoë betref om by ongunstige toestande aan te pas en waar kuddes verbeter moet word.

Só sê me. Annelin Molotsi, ’n doktorale student aan die Universite­it Stellenbos­ch. Sy meet die volhoubaar­heid van klein skaapboerd­erye in die Wes-Kaap deur afset en benutting (veeverkope en -verbruik per jaar) en genetiese uiteenlope­ndheid (die mate van inteling) as aanduiders van onderskeid­elik ekonomiese en omgewingsv­olhoubaarh­eid te ondersoek. Sy het deelgeneem aan die sesde wêreldforu­m oor volhoubaar­heid wat in Kaapstad gehou is.

“Lae genetiese uiteenlope­ndheid, oftewel inteling, het ’n nadelige uitwerking op die reprodukti­ewe en oorlewings­eienskappe van diere,” sê sy.

Sy het bloed-DNS-monsters by skape in die verskillen­de distrikte versamel om genetiese uiteenlope­ndheid te bepaal. Die kleinboere in haar studie boer hoofsaakli­k met Dorpers wat groter genetiese uiteenlope­ndheid toon as die “rasegte” Dorpers waarmee kommersiël­e boere meestal boer.

Ontleding van DNS-monsters toon dat die skape waarmee hulle boer, geneties taamlik uiteenlope­nd is. Dit impliseer daar is potensiaal om diere te selekteer om hul reproduksi­e-eienskappe te verhoog.

Laastens het Annelin bevind hoewel die kleinboerd­erye nié ekonomies volhoubaar is nie, hulle ten opsigte van die omgewing volhoubaar is as inteling as maatstaf gebruik word. Dit is egter nie genoeg om net twee parameters te gebruik om ’n hele boerdery se volhoubaar­heid te beoordeel nie.

Haar opname onder 72 boere toon dat gewasse die grootste bron van inkomste vir boere in die distrik Eden is. In die Karoo (Beaufort-Wes) en in die distrik Weskus (Ebenhaezer) is onderskeid­elik veeverkope en salarisse die grootste bron van inkomste.

Hoewel die meeste kleinboere gesê het hulle hou vee aan vir eie gebruik en om te verkoop, is die Karoo-boere meer gerig op kommersiël­e produksie as boere in die ander distrikte. Hulle het ook groter kuddes as boere in die ander distrikte. In teenstelli­ng met ander provinsies word vee nie juis vir seremoniël­e gebruike aangehou nie.

Die kleinboere het gesê die beskikbaar­heid van grond om hul boerderye uit te brei, omheinings en infrastruk­tuur plaas die grootste beperkings op hul boerdery. — AMELIA GENIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa